Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Resensie van “Die Waarheid oor Leergestremdhede”

Hierdie resensie het verskyn het in Beeld op 8 Augustus 1994.

... DIE WAARHEID OOR LEERGESTREMDHEDE: Minimale breindisfunksie, hiperaktiwiteit, disleksie deur SUSAN DU PLESSIS (R39). Almal uitgegee deur Benedic Boeke, Pretoria...

'n Ander boek van dieselfde uitgewery is Susan du Plessis se uiters insiggewende boek oor leergestremdhede. Haar deeglike wetenskaplike benadering tot dié komplekse en dikwels misverstane toestand by kinders en volwassenes word vir Jan en alleman helder en in 'n gemakliker styl aangebied. Sy ontmasker die velerlei mites oor die onderwerp en lig dit toe met gevalle uit haar praktykervaring. (Sy is bestuurder van die Sentrum vir Disleksie in Pretoria.) Dit is 'n bruikbare boek vir ouers en onderwysers wat met kinders met minimale breindisfunksie, hiperaktiwiteit en disleksie moet werk. Die boek dien as 'n informasieplatform wat lei tot 'n wetenskaplike program, Audiblox, wat deur die Sentrum vir Disleksie ontwikkel en bemark word.