Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Vormkonstantheid

Vormkonstantheid verwys na die vermoë om tussen vorms en simbole in die omgewing te kan onderskei afgesien van hul grootte of hul posisie.

  • Die kind met vormkonstantheidswaarnemingsprobleme sal dit moeilik vind om sy druk- of gewone skrif in ooreenstemming te bring met die skrif wat in ‘n gedrukte boek verskyn. (Daarby ingeslote is ook probleme met die verskil tussen druk- en lopende skrif.)

  • Hy mag ook probleme ondervind om ‘n woord of letter te herken as dit in ‘n ander konteks voorkom, byvoorbeeld: die e in ek mag vir hom anders voorkom as die e in lees.