Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Vormherkenning

Die kind moet ook basiese vorms kan herken. Hy behoort ‘n sirkel, vierkant asook ‘n kruis op vierjarige ouderdom te kan teken, en op vyf jaar behoort hy ‘n driehoek te kan nateken, op ses ‘n diamant en op sewe ‘n reghoek met ‘n kruis, asook ‘n diamant wat dwars lê.

Die kind moet ‘n goed ontwikkelde persepsie van vorm besit om syfers en letters te kan herken, te reproduseer of na te teken. Die kind met ‘n swak ontwikkelde persepsie van vorm sal probleme ondervind met die uitken van syfers of letters as hulle in verskillende vorms voorkom, bv. die verskil tussen drukskrif en lopende skrif of die gedrukte letter in sy leesboek en dieselfde letter op die swartbord. As die syfer of letter in ‘n sekere verband gesien word, kan die kind dit herken, maar as dit op ‘n ander manier aangebied word, kan hy dit nie herken nie en lyk dit vir hom soos iets nuuts.