Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Voorgrond-Agtergrond-Probleme

Dit is die onvermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

‘n Kind wat hier probleme ondervind, vind dit moeilik om ‘n voorwerp uit ‘n groep te haal. ‘n Foto van ‘n groep mense word aan hom getoon en hy moet ‘n sekere persoon uitwys, maar hy kan nie die persoon op die voorgrond bring en die ander persone op die agtergrond skuif nie.

Hy sal dit moeilik vind om ‘n ronde knoop tussen knope van verskillende vorms te vind. Hy sal nie ‘n sekere woord kan uithaal tussen al die woorde in die sin nie, ook nie ‘n sekere letter in ‘n woord nie. Hy sal sukkel om woorde in ‘n woordeboek na te slaan.

Die kind sal ook nie ‘n optelsom kan raaksien tussen aftreksomme nie, of ‘n deelsom tussen vermenigvuldigingsomme nie. As hy gestuur word om iets uit ‘n kas te gaan haal, kan hy nie die voorwerp kry waarna hy soek nie al is dit voor sy oë.