Swak Visuele Geheue
Visuele geheue verwys na die vermoë om te onthou wat gesien is. Dit hou verband met visualisering, wat die vermoë behels om ‘n visuele beeld van ‘n voorwerp wat voorheen waargeneem is op te roep.
- Die kind met ‘n swak visuele geheue sal moeilik onthou wat hy gesien het. Hy sal byvoorbeeld nie presies kan beskryf hoe hulle huis of hulle motor of ‘n bepaalde dier wat hy baie sien, lyk nie.
- Die swak visualiseerder sal veral probleme ondervind met spelling. Om ‘n woord korrek te kan spel moet ‘n visuele beeld van die woord opgeroep word. In sommige gevalle kan ‘n woord korrek gespel word op grond van die herroeping van ‘n ouditiewe beeld, maar daar is baie woorde wat nie foneties gespel word nie; in hierdie geval moet ‘n visuele beeld van die woord opgeroep word om dit korrek te kan spel.
By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle visuele geheue.
|