Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Swak Visuele Diskriminasie

Visuele diskriminasie is die vermoë om ooreenkomste en verskille tussen visuele stimuli te onderskei of raak te sien.

As ‘n kind oor onvoldoende visuele diskriminasie beskik, sal hy heel waarskynlik die volgende skolastiese simptome openbaar, skryf Dr Nicolette A de Beer in haar boek Lees- en Spellingprobleme: Diagnosering en Remediëring:

  • Hy sal dit moeilik vind om te onderskei tussen verskillende vorms.

  • Hy sal dit ook moeilik vind om te sê watter prentjie of voorwerp nie pas nie wanneer hy gekonfronteer word met vier prentjies wat eenders is en ‘n vyfde wat verskil.

  • Verder sal hy dit moeilik vind om tussen letters wat visueel ‘n noue ooreenkoms vertoon, te onderskei.

    As die leerder byvoorbeeld nie tussen b en d, p en g, kan onderskei nie, word daar gepraat van horisontale omkering. Wanneer p en d, g en b, f, en t, u en n met mekaar verwar word, word daar weer gepraat van vertikale omkering.

    Ander letters wat visueel ‘n noue ooreenkoms vertoon, is m en n, r en n, h en b, h en n.

  • Woorde wat baie eenders lyk, word ook dikwels met mekaar verwar op grond van die ooreenkoms van die konfigurasie van die woorde. Konfigurasie verwys na die buitelynvorm (woordpatroon) of die Gestalt van die woord.

    Vergelyk byvoorbeeld die identiese buitelynvorm van die volgende woorde.

    slaap/slaag

  • Syfers word ook verwar op grond van visuele ooreenkoms, bv. 6 en 9, 21 en 12, 3 en 8.

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle visuele diskriminasie.