Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Swak Oog-Hand-Koördinasie

Oog-hand-koördinasie of visueel-motoriese koördinasie is die vermoë om bewegings met die hand, gelei deur die oë, uit te voer.

Kinders met ‘n swak oog-hand-koördinasie kan gewoonlik nie ‘n bal baie goed raak vang nie; hulle sukkel met die natrek van figure en patrone; hulle kan nie woorde op die swartbord naskryf nie; hulle sukkel ook dikwels met skrif en ander nie-akademiese vaardighede soos knip, plak, verf, papierskeur en die bou van legkaarte.