Robert se Reis na Sukses. Marie Erasmus Vertel
Robert kon nie spel nie en het baie gesukkel met lees. Hy het altyd sy werk geken met eksamens, maar sy punte het dit nooit gewys nie omdat hy die vrae verkeerd gelees en verstaan het. Wiskunde, Afrikaans en Engels was ‘n groot probleem. Hy kon ook nooit ‘n boek vat en self leer nie; ek moes hom altyd leer en opsommings vir hom maak.
Hy was maar ‘n kort rukkie by Edublox, wat ‘n groot verbetering gemaak het. Sy spelling het baie verbeter. Skielik het hy van lees begin hou en twee boeke na mekaar gelees en vir my gevra om ‘n nuwe boek te koop omdat syne amper klaar was. Sy punte het verbeter omdat hy die vrae beter verstaan het. Met die laaste ekamen het hy self geleer en net so af en toe vir hulp gevra.
Sy spelling het nog werk nodig. Wiskunde kan nog verbeter. Baie dankie aan almal wat die lewe vir ons makliker gemaak het. Dit is baie jammer dat ons so laat in sy skoolloopbaan eers van Edublox gehoor het. Ek stel dit aan almal voor wie se kinders sukkel op skool.
Marie Erasmus
Desember 2011
Robert het aan die einde van 2011 trofees ontvang vir die beste akademiese vordering en ontwikkeling in Graad 7, rugbyspeler van die jaar en vir Cravenweek-deelname. Hy het balkies gekry vir atletiek, Goue Leeus asook rugbyseun van die jaar. Hy het ook met die Judo-trofee weggestap vir die Judoka van die jaar.
‘n Voorbeeld uit Robert se skoolskrif, Mei 2011:
‘n Voorbeeld uit Robert se skoolskrif, Oktober 2011:
|