Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Studiemetodes

Elke eksamentyd gebeur dit — baie leerders se mae trek sommerso op 'n knop van die eksamenkoors en senuwees. Hulle weet nie reg hoe hulle moet leer nie en die tyd begin hulle inhaal. ‘n Kursus soos Studiblox, wat ‘n leerder die vaardighede gee om die nodige kennis betyds in sy kop te kry, is dus onontbeerlik.

Geskikte kandidate vir ons Studiblox-kursus is Gr 4 – 9 leerders, wie se leesvermoë gemiddeld tot bo-gemiddeld is, en wat wil leer om studietegnieke en –metodes effektief toe te pas, en om te spoedlees.

Die volgende leerareas word gedek:

Module 1:
Die MUD model is ‘n gids oor hoe dinge geleer kan word. Die afkorting ‘MUD’ staan vir “Memory”, “Understanding” en “Doing”.

Module 2:
Kapstokke (“mnemonics”) is geheuetegnieke wat reeds duisende jare gebruik word om die geheue te ondersteun.

Module 3:
Breinkaarte (“mind maps”) kan gebruik word vir die neem van notas, om opsommings te maak en vir hersiening, om kreatiwiteit te bevorder en om probleme uit te sorteer.

Modules 4-7:
Leer om opsommings te maak deur sleutelwoorde in sinne en hoofgedagtes in paragrawe uit te ken. Sodoende kondenseer mens leermateriaal na ‘n aanvaarbare hoeveelheid wat studietyd verminder. Leer ook hoe om ‘n vraestel te beantwoord.

Modules 8-10:
Leer om opstelle te skryf, en praatjies uit te werk en aan te bied. Om kreatief te dink en skryf is nie ‘n ingebore talent nie, maar ‘n vaardigheid wat met oefening ontwikkel kan word.

Modules 1-10:
Deur spoedleestegnieke te leer en te bemeester bespaar ‘n mens nie net tyd nie — vinnig lees verhoog begrip en bevorder geheue.

Modules 1-10:
Bogenoemde leerareas word geïntegreer met brein-oefeninge wat konsentrasie verhoog, prosesseringspoed versnel, geheue verbeter, en logiese denke bevorder.

Kontak ons gerus vir meer inligting.