Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
Tuisblad ![]() |
Suksesverhale (Bladsy 2)
Alida Smit: “My seun het al van Graad 2 af gesukkel met lees en klank. In Graad 4 het ek hom laat toets en die diagnose was dat hy dislekties is. Die verslag het remediërende onderwys voorgestel. Ons het vir twee jaar hiermee volgehou. In Graad 6 het die skool voorgestel ons doen aansoek om mondelinge eksamen af te lę aangesien daar byna geen verbetering was nie. “Dit was ‘n baie moeilike besluit, en ek het besluit om weer verder na ander oplossings te soek. My kind se selfbeeld was swak en hy het geglo daar is iets vreeslik fout met hom, en om nou nog anders eksamen af te lę kon ek net nie toelaat nie! “In April 2010 het ek my kind oorreed om nog een keer te probeer en het ek Edublox gebel en afspraak gemaak nadat ek op hulle webtuiste gekuier het vir maande. Hy is getoets en ons het saam met die Edublox personeel gesit en die situasie ontleed. Hulle het voorgestel dat ons op sy persepsie en rigting-oriëntering moet fokus. Ons het vir twee jaar die klasse bygewoon en ons huisroetine aangepas om die oefeninge met hom te doen. In Graad 9 was sy gemiddeld 73% met beide Afrikaans en Engels in die 60%. Sy selfbeeld het verbeter en hy glo nou in homself en sy vermoë om te kan lees en spel! “Ek kan getuig dat met die hulp en ondersteuning van Edublox wel moontlik is om die brein te herprogrameer en verbetering te sien! En boonop is die ‘n lekker manier om te leer omdat Edublox dit vir die leerder interessant en lekker maak om die klasse by te woon!”
Dr Anina van der Bijl deel haar seun se suksesverhaal in haar resensie van EduBrain, ons nuwe tuisprogram: Ons is deur verskeie leesprogramme, leesskole, arbeidsterapeute, spraakterapeute, individuele remediëring… noem dit, en ons het dit probeer! Ek is ‘n mediese dokter en aangesien ek vir meer as tien jaar in kliniese navorsing gewerk het, is dit vanselfsprekend dat ek geneig is om te glo in bewese metodes (verkieslik ewekansig-gekontroleerde kliniese proefnemings). Met my seun was ek egter radeloos en bereid om enigiets te probeer — hy was skynbaar nie in staat om te leer lees nie, hoewel sy intelligensie bogemiddeld was. Groot was my verrassing toe ek ‘n bewese, wyd gepubliseerde leesmetode raakloop! Die Edublox-span het ons bondgenote geword om ons outistiese seun te leer lees! Die vordering was so duidelik, soos die ontbrekende stukkies van ‘n legkaart wat stadig uit ‘n bodemlose put uitgedryf gekom het. Ek het al baie dankbare trane gestort sedert ons by die program aangesluit het. My seun lees nou selfs vir ontspanning — dit bly vir my ‘n wonderwerk! En ek het gesien hoe talle ander kinders dieselfde ongelooflike vordering toon. EduBrain bring hierdie wonderlike program in jou huis, ‘n program wat nie net kinders met ontwikkelingsprobleme en spesiale behoeftes baat nie, maar toppresteerders nog beter laat vaar, deur die vele ingewikkelde paadjies in die brein te onderrig en te stimuleer. Dr Anina van der Bijl (MBChB, MBA)
![]() Clarissa se skoolpunte aan die verbeter: Van 68% tot 80% vir Engels! ![]()
Amanda Fleidl van Swakopmund: “Jan-Lo Maree is ‘n woelige, baie sportiewe kind en het gedurende sy graad 3 jaar, in 2011 vir namiddae hulpklasse na my begin kom. Hy was depressief, huilerig en baie aggressief. Geen selfbeeld. Hy kon bykans nie lees nie, het foneties geskryf en Wiskunde was ‘n nagmerrie. “Gedurende die laaste trimester van graad 3 het hy voltyds by my begin skoolgaan. Hy het werklik baie swaar gekry. Gedurende 2012 het sy ouers hom ingeskryf by Me. Connie Senekal in Swakopmund om Edublox te doen sodat ons iets aan sy aandagspan en lees-, spel- en skryfprobleem kan doen.” Lees verder….
Hettie Venter: “Jaco is in Graad 1 op sy juffrou se verwysing na 'n Arbeidsterapeut en ook 'n Neurologiese Pediater geneem. Hy is gediagnoseer met ADHD en gebruik sedertdien Ritalin. Ongeag sy arbeidsterapie en ook ekstra leesklasse het hy nie gevorder soos hy moes nie. Begin Gr 5 (2013) het dit duidelik geword dat hoofstroom nie vir hom gaan werk as daar nie dringend ingegryp word nie. 'n Ander mamma by die skool het my vertel van Edublox en wat die verskil in haar seun was.” Lees verder...
Christia Maritz: “Nicolaas se punte was baie swak aan die einde van die eerste kwartaal van Graad 2 (2013). Hy het van sy vakke gedruip. Hy het met geen klaswerk klaargekry nie, en dus baie werk uitgelaat en gemis. “Sy juffrou het my na die derde Edublox-klas gevra wat ek gedoen het, want hy het met al sy klaswerk klaargekry en was soms eerste klaar. Sy hand was van die eerstes op as sy vrae gevra het. Sy het gesę sy het nog nooit ‘n skolier gehad wat in so ‘n kort tydjie so baie verbeter het nie. Hy het ook in Wiskunde ‘n akademiese toekenning gekry aan die einde van Graad 2.”
STEFAN GOOSEN Stefan het teen die einde van die eerste kwartaal (2013) in Graad 4 getoon dat daar nie regtig probleme is met sy leesvaardighede nie, maar wel om met begrip te lees. Op skool het dit duidelik geblyk in die manier hoe hy begripstoetse beantwoord. Ek is deur ‘n vriendin verwys na Edublox toe en hulle het ‘n evaluasie gedoen. Die uitslae het duidelik getoon dat sy logiese denke en redenasievermoë baie laag (en onder-gemiddeld) getoets het. Susan by die Elarduspark-kliniek het voorgestel dat daar met terapie begin word om die probleem aan te spreek. Sy kognitiewe vaardighede het reeds na een kwartaal van lesbywoning verbeter en teen die einde van 2013 was daar ‘n merkbare verbetering in geheue, oogspan en leesspoed. Dit alles dra daartoe by dat hy makliker leer en die werk word beter verstaan. My dank aan Susan du Plessis en haar baie bekwame span by die Edublox–Elardusparksentrum vir die wyse waarop hulle die kinders onderrig en ondersteun om hulle volle potensiaal te bereik. Hannelise Goosen
Mylize Eloff Vanaf Graad 1 het Mylize al gesukkel met lees en selfvertroue met haar huiswerk. Sy het vanaf Gr 1 RO klassies bygewoon by die skool en ek het telke male met die juffrouens probeer kyk waar die fout lę. Ons het dit altyd afgemaak dat sy ‘n dromertjie is en nie genoeg aandag in die klas gee nie. Min het ek geweet dat met die regte hulp sy sou blom en ons verwagtinge oortref. Ek het verlede jaar op die internet gesoek vir hulp en op Edublox se blad afgekom. Sy het nou maar eers bietjie meer as ‘n kwartaal agter die rug by Edublox en sy is ‘n heel ander kind. Sy het baie meer selfvertroue by die skool en by die huis. Ek betrap haar gereeld dat sy vir haar boetjie sit en boeke lees wat sy nooit sou doen nie. Sy het in ‘n oogwink haar huiswerk op haarself geneem en ek kontroleer nou net in die aande dat dit gedoen is en reg is. Sy doen alles self. Haar rapport van verlede jaar wys nog nie regtig iets nie want die laaste kwartaal se punt is die gemiddeld van die vier kwartale, maar haar toetspunte wat ons terug gekry het was ‘n baie groot verbetering. Van haar Wiskunde toetse was tot 100% gewees. Ek besef nou sy is baie goed met Wiskunde, maar kon nooit die woordsomme lees en verstaan nie. Haar Wiskunde RO rapport is pragtig en sy hoef van die jaar (Gr 5) af nie meer Wiskunde RO klasse by te woon nie. Ons werk nog hard aan die Afrikaans, maar daar is lig in die tonnel. Ek is so opgewonde oor dit wat nog gaan kom en dat sy ‘n skoolloopbaan sal hę wat vir haar nie slegte herinneringe sal gee nie maar goeies. Baie dankie Annelize en Monica, julle is sterre! Groete
![]() [Klik om te vergroot]
![]()
From: Jan van Rensburg [mailto:cartridgeservices@gmail.com] Liewe Tannie Marelize, Ek wil net dankie sę vir een van die beste ervarings wat ek al ooit gehad het. Dit het my geleer hoe om reg te studeer, praatjies te skryf en hoe om my omgewing en kapstokke te gebruik. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het en gehelp het om my siening te verander op die manier wat ek gestudeer het! Ek kan met ‘n geruste hart sę dat my gemiddeld met 6% gestyg het en is nou 80%! My wiskunde het met 23% gestyg!! Afrikaans, Engels, Tegnologie en Natuur Wetenskap het tussen 5% tot 15% gestyg. Ek dink ek het my Laerskool loopbaan baie goed beëindig en begin hoërskool op ‘n baie goeie noot!! Nogmaals dankie en ‘n baie geseënde Kersfees! Groete Jade van Rensburg
![]() ![]()
From: rikav@mcmotor.co.za Goeie more Mareli Ek wil jou maar net so stukkie terugvoer gee aangaande Nicole (Gr 8). Sy is nou van verlede kwartaal af by julle (van ons haar rapport gekry het) – sy het op daardie rapport 4 vakke gedruip. Sy het pas haar nuwe rapport gekry: sy is al haar vakke deur en haar gemiddeld het met ±5% gestyg! Baie dankie vir julle hulp. Vriendelike groete
![]()
From: Vasti Smith [mailto:Vasti.Smith@sita.co.za] Hi Mareli Dit gaan regtig al baie beter by die skool. Juffrou sę dit gaan regtig goed en sy is heel tevrede met Aimee se vordering. Selfs die arbeidsterapeut wat die heeltyd gekla het oor Aimee se konsentrasie het vir my die mooiste briefie laasweek geskryf en gesę Aimee is ‘n sterretjie en sy vorder baie goed, sy konsentreer selfs en laat nie meer dat die ander kinders in die speelkamer haar aandag aftrek nie. So Mareli dit gaan regtig al sommer stukke beter. Juffrou sę Aimee kon selfs die kwartaal vir haar rapport syfers uitken waarmee sy nog steeds sukkel maar sy kon van hulle uitken. Dit maak my weer asemhaal. Mens stress so want mens wil nie hę jou kind moet sukkel as sy Graad 1 toe gaan nie -- dan gaan sy skool haat vir die res van haar lewe. So baie, baie dankie vir al julle hulp ons kan regtig al ‘n hengse verbetering sien. Waar Aimee nooit voor ons wou tel nie en as ons haar wou leer wou sy niks weet nie, sy het net geweier om te tel nou tel sy al self goedjies en tel hardop van 1-10 en dan ook terug. Baie dankie julle sal nooit weet wat jul hulp vir ons beteken nie. Laat weet my asb. Bietjie meer oor die tuisprogram. Groete
![]()
![]() Geagte EDUBLOX Graag wil ek net Edublox prys vir die goeie werk wat julle doen. Ons dogtertjie Stephane was 8 jaar oud en in graad 2 toe ons agtergekom het sy het ‘n leesprobleem. Sy kon nie vlot lees nie, en het amper al die woordjies hardop uitgespel, letter vir letter. Ons het dadelik vir Lizani by Edublox gaan sien om vas te stel wat is die graad van Stephane se agterstand. Na die assessering was dit duidelik gewees dat Stephane intensiewe aandag nodig het om die agterstand in te haal. Ons het dat Stephane die intensiewe kursus bywoon. Vandaar af woon sy elke week die Edublox klasse by. Ons is Edublox ewig dankbaar, daar is ‘n groot verbetering in Stephane se leesvaardighede asook haar geheue het verskerp. Ons kan die program aan enige iemand aanbeveel. Baie sterkte met al julle toekomstige diens. Groete
![]()
![]()
![]() Ek het Henro die begin van sy Graad 2 jaar ingeskryf. Hy verjaar in Desember en ek was bekommerd oor veral sy lees en omruil van letters. Sy gemiddeld vir lees in Graad 1 was ‘n 2 (gedeeltelik bereik) uit ‘n maksimum van 4. Henro se lees het ongelooflik verbeter. Hy lees nou glad en kan moeilike woorde vinnig klank en identifiseer. Hy het einde Graad 2 ‘n 7 uit ‘n maksimum van 7 (uitmuntende prestasie) vir sy lees gekry. Henro se skrif het ook ongelooflik verbeter. Dit is duidelik uit sy Graad 1 skrifte en die Graad 2 skrifte. Hy het ook met gemak vasskryf bemagtig. Henro ruil ook glad nie meer enige letters om nie. Henro se Afrikaans en sy luistervaardighede het ook baie verbeter. Hy het einde Graad 2 ‘n 6 (uit 7) vir Afrikaans gekry waar hy in vorige kwartale ‘n 4 (uit 7) gekry het. Henro se konsentrasiespan en luister het ook ongelooflik verbeter vandat hy by Edublox is. Ninette Lambden
Anelle Roux: “Dawid sukkel al vanaf Gr. 1 met sy lees. Hy sukkel om woorde te herken, en klank bykans elke woord as hy lees. Dit raak ‘n probleem as hy later instruksies moet lees om opdragte te kan voltooi. Hy het verder bykans vir elke toets minder as 50% behaal omrede hy sukkel met lees, en as hy lees, voer hy die opdrag verkeerd uit. “Sy konsentrasie was beroerd en hy was heeltyd rusteloos tydens onderrigtyd, opdragte was ook nooit volledig voltooi nie. Soms het hy telkemale raas gekry in die klas omdat hy so rusteloos was en ek is gereeld tydens oueraande ingeroep omdat my kind “stout” en rusteloos was.” Lees verder…
![]() Melanie se ouers is geskei toe sy 7 jaar oud was. Daarna het haar konsentrasie agteruitgegaan. Sy het gedroom in klastyd en heeltyd by die venster uitgestaar. Mettertyd het Melanie se konsentrasie redelik verbeter. Begin 2012 het ons Krugersdorp toe verhuis. Melanie het by ‘n nuwe skool begin en was baie bang. Sy was baie benoud voor toetse en veral baie bang vir Wiskunde. Sy het een middag met ‘n Edublox-blaadjie by die huis gekom. Als het baie belowend gelyk en ons het haar ingeskryf die derde kwartaal van 2012. Melanie se konsentrasie het baie verbeter vandat sy by Edublox is. Sy geniet dit vreeslik baie om Edublox by te woon. Haar selfvertroue het ook verbeter, en sy is nie meer so bang voor toetse en veral Wiskunde nie. Ek, die familie sowel as die skool het haar positiwiteit opgemerk. Ek is sommer baie positief oor die toekoms. Hiermee wil ek dankie sę vir die verskil wat julle in my kind se lewe gemaak het. Groete,
Marilette Maritz: “Marco het in Junie 2012 vir evaluering gegaan by Edublox. Dit is nadat ons deur pediaters is, diagnoses van ADD gekry het, Ritalin gebruik het, Concerta gebruik het en fisiese reaksies op albei gehad het. “Op daardie stadium was sy punte oor die algemeen nie te sleg nie, hoewel party vakke se toetspunte net bo 35 of 40 was. Die gedrag was wel ‘n probleem en teen die einde van die tweede kwartaal het hy reeds drie keer detensie gesit meerendeels oor huiswerk nie gedoen nie, opdragte nie voltooi nie en boeke by die huis vergeet.” Lees verder...
Mev Taute van Polokwane: “Afrikaans, Engels en Wiskunde punte het van die eerste na die vierde kwartaal verbeter van 47 tot 60, 46 tot 52 en 47 tot 74. Ook LWO het verbeter van 48 tot 71. Sy selfvertroue in die algemeen het verbeter en hy is nou ook trots om sy punte te vertel.” ![]()
Siska Momberg: “Ek as ouer, wat saam met Udet huiswerk doen in die aand, het agtergekom dat hy baie sukkel om te lees. In sy Graad 1 jaar het sy juffrou aanbeveel dat ons hom inskryf by die rekenaarleesprogram van die skool. Aanvanklik was beide van ons baie opgewonde oor die program want ons het werklik gedink dat ons ‘n drastiese verbetering sal sien. Aan die einde van sy Graad 1 jaar het daar nie ‘n drastiese verbetering plaasgevind nie. Behalwe dat hy gesukkel het om te lees het ek ook opgemerk dat hy klanke soos b en d met mekaar verwar.” Lees verder…
ANIKA GEYSER Anika het vanaf haar derde termyn in Graad 1 ernstig gesukkel met voorbereide lees. Haar leesbegrip was ook nie goed nie. Sy het dikwels haar b’s, d’s en p’s omgeruil en haar spelling was ook swak. Ons het haar op aanbeveling vir arbeidsterapie geneem om haar te help om die bogenoemde probleme uit te sorteer. Na 5 maande se arbeidsterapie en min vordering in Graad 2, het ons besluit om haar in te skryf by Edublox. Na haar evaluasie met Susan het dit duidelik geblyk dat sy ‘n agterstand het met lees en spelling. Anika toon beslis goeie vordering sedert sy met Edublox-klasse begin het. Sy lees met baie meer selfvertroue, waar sy vroeër weggeskrum het van lees. Sy lees vlotter en klank ook nie elke woord wat sy lees nie. Haar spelling het definitief ook vordering getoon. Haar leesbegrip is ook baie goed. Anika sukkel nog soms met die spelling en haar lees kan nog verbeter. Sy sukkel ook nog soms met konsentrasie en aandagspan. Oor die algemeen is ons baie tevrede met haar vordering die laaste paar maande. Baie dankie aan die Edublox-personeel wat baie geduldig en toegewyd is. Hulle moedig Anika heeltyd aan en sy is gemotiveerd om nog beter te doen. Groete Lindie Geyser
Ronelle Purchase: “Na 'n paar sessies by Edublox het JP baie beter begin lees en skryf. Hy verstaan sy werk beter in die klas, omdat hy nou minder geneig is om werk verkeerd van die bord af te skryf. Sy konsentrasie het ook baie verbeter... “Voordat JP by Edublox begin het, het hy baie gesukkel om opsommings van sy werk self te doen. Hy het hierdie kwartaal meestal die opsommings self behartig vir die eksamen, en ek kon duidelik in sy punte sien dat hy verbetering getoon het in die vakke wat hy self opgesom het.” Lees verder...
![]() Cayla Smit: Toe Cayla begin het met Edublox was sy pas van 'n Engelse skool na 'n Afrikaanse skool geskuif. Haar lees was nie op standaard nie en sy het slegs letters geklank. Dit het egter sommer gou begin verbeter namate die vertroue gegroei het. Dit was vir Cayla baie moeilik om aanvanklik sinne te bou met woorde wat gegee is, selfs om 'n woord te maak as slegs 'n letter gegee is. By Edublox het sy geleentheid gekry om buite die skool sonder spanning te groei en ontwikkel. Cayla is nou baie gelukkig en geniet lees vreeslik. Aan die einde van Graad 2 het sy 82 woorde per minuut gelees met baie goeie begrip van die inhoud. Cayla se Wiskunde is goed en sy onthou haar woordbou toetse baie goed. Sy skryf nou oulike kreatiewe stories met gemak, en selfvertroue. Baie dankie aan al die personeel van Edublox vir die geduld en rustigheid waarmee julle vir Cayla gehelp het om op 'n gemaklike plek in haar skoolwerk te kom. Dit is 'n wonderlike vertroosting vir enige ouer as jou kind gemaklik in die skool kan groei, maar dit is slegs moontlik wanneer al die boustene in plek is. Dit is daar waar Edublox help om die ding waarvoor ouers nie opgelei is nie vir ons in plek te sit. Groot waardering en dankbaarheid aan Edublox. Ronica Smit
Linda Slabbert: “Ek het my kind by Edublox ingeskryf omdat ek ondervind het dat daar sekere leemtes in haar lees en leerwerk was. Ek is ook ‘n baie betrokke ouer in my kinders se lewens en daarom sal ek enige iets doen om seker te maak dat hulle die beste onderrig kry wat nodig is vir hulle om hulle volle potensiaal te bereik. “Die hoofpunte wat vir my uitgestaan het was (1) dat sy stadig gelees het; (2) sy het probleme met spelling van woorde ondervind; (3) sy het ook nie ‘n mooi handskrif gehad nie.” Lees verder…
Gaan na Bladsy 1 |