Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
Tuisblad ![]() ![]() ![]() |
Spelprobleme![]() Leerders met leesprobleme het dikwels ook spelprobleme, en dikwels is hulle spelprobleme selfs groter as hulle leesprobleme, sê Hallahan e.a. in hulle boek Introduction to Learning Disabilities. Wanneer ‘n mens lees, kan die konteks en ander wenke jou help om ‘n woord te ontsyfer, maar in spelling moet mens die woord skryf nadat jy dit gehoor het, of daaraan gedink het. Spelling vereis dat mens ‘n woord skryf met die korrekte opeenvolging van die letters van daardie spesifieke woord. Om dit te kan doen, moet ‘n persoon klanke in geskrewe letters omsit. Met die uitsondering van SMS-taal, is daar is slegs een korrekte manier om ‘n spesifieke woord met ‘n bepaalde betekenis te spel. Spelling laat dus geen ruimte vir kreatiwiteit toe nie; ‘n woord word òf reg, òf verkeerd gespel. Wat Veroorsaak Spelprobleme? Tensy mens weet wat ‘n probleem veroorsaak, kan mens dit nie oplos nie. Om te verstaan wat spelprobleme veroorsaak moet ons in gedagte hou dat die leerproses by die mens nie op ‘n enkele vlak plaasvind nie, sê Susan du Plessis, Direkteur van Opvoedkundige Programme by Edublox Lees- en Leerkliniek. Leer is ‘n laagsgewyse gebeure. “‘n Persoon moet byvoorbeeld eers leer tel, voordat hy kan leer om op te tel of af te trek. Op dieselfde wyse is daar sekere vaardighede en kennis wat ‘n leerder eers moet verwerf, voordat dit vir hom moontlik sal wees om korrek te leer spel.” Die vaardigheid van spelling word deur verskeie grondvaardighede voorafgegaan. Grondvaardighede van spesifieke belang sluit die volgende in: Die vermoë om te analiseer, dit is, om die geheel in sy dele te kan waarneem; ouditiewe persepsie van letterklanke; ouditiewe geheue; dekoderingsvaardighede; en visuele geheue vir opeenvolging. Tekortkominge in een of meer van hierdie grondvaardighede kan ‘n persoon se spelvermoë belemmer. By Edublox word dié grondvaardighede geoefen en geoutomatiseer. |