Sosiale Waardes
Hierdie waardes het veral betrekking op die saambestaan met ander mense in die samelewing en is veral gerig op die stabiliteit van die maatskappy. Hieronder resorteer waardes soos patriotisme, politieke, sosiale en ekonomiese waardes. Waar daar ondergrawing of verbrokkeling van hierdie waardes voorkom, word die stabiliteit van ‘n volk of selfs beskawing bedreig. Dit is dus noodsaaklik dat hierdie waardes gehandhaaf moet word op ‘n nasionale basis. Daar is wel grense waarbinne afwyking van spesifieke waardes in hierdie groep nog toelaatbaar is.
|