Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Ruimtelike Oriëntasie

Ruimtelike oriëntasie verwys na die vermoë om die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer waar te neem.

As ‘n kind ruimtelike oriëntasieprobleme het, sal hy heel waarskynlik die volgende simptome openbaar, skryf Dr Nicolette A de Beer in haar boek Lees- en Spellingprobleme: Diagnosering en Remediëring:

  • Die kind sal dit moeilik vind om die ruimte om hom te ken. Hy kan dikwels nie onderskei tussen begrippe soos voor, agter, links, regs, bo, onder, op en af nie. Die skolastiese manifestasies van ruimtelike oriëntasieprobleme is gewoonlik die volgende:

    • verwarring van die b en die d: die kind ondervind probleme om te onthou watter kant toe die magie van die b of die d wys;

    • woorde word ook verkeerd om gelees, bv. kat in plaas van tak;

  • Topografiese verwarring: dit is die onvermoë om legkaarte, grafieke en vloerplanne te interpreteer. Die leerder vind dit moeilik om betekenis te heg aan dergelike ruimtelike simbole.

  • Dischronometrie: dit is die onvermoë ten opsigte van volgorde en tydsoriëntering. Die leerder vind dit moeilik om met behulp van ‘n horlosie die tyd te bepaal of die dae van die week, die maande van die jaar of die letters van die alfabet in volgorde weer te gee.

  • Laastens ondervind die kind met ruimtelike oriëntasieprobleme ook probleme om te leer skryf. Hy kan dikwels nie onthou op watter lyntjie hy moet skryf nie, of na watter kant toe om hy die letters moet maak nie.

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle ruimtelike oriëntasie.