Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Rigtingsin

Rigtinsin is die vermoë om te onderskei tussen links en regs, voor en agter, en bo en onder.

Vir 'n kind wat probleme ondervind met rigtingsin, sal dit moeilik wees om die posisie van objekte ten opsigte van homself te bepaal, byvoorbeeld "regs van my", "links van my", "agter my", "voor my", ens. So 'n kind sal dit moeilik vind om sekere pen-en-papier take, waarby die bepaling van rigting en posisie nodig is, korrek uit te voer, soos byvoorbeeld "skryf jou naam regs bo in die hoek", "trek 'n streep onder die woord ______". Hy mag ook letters soos b en d met mekaar verwar, asook getalle soos 17 and 71, of hy sal dalk van regs na links in spieëlskrif skryf.

Rigtingsin is een van die vele vaardighede wat by Edublox geoefen en sodoende verbeter word.