Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Psigoterapie

Die toepassing van gespesialiseerde (sielkundige) tegnieke in die behandeling van geestesgebreke en die probleme van alledaagse aanpassing. Oor die algemeen word aanvaar dat dit slegs sielkundige tegnieke soos groepterapie, kliëntgesentreerde terapie, psigoanalise en gedragsterapie behels, maar sommige outeurs sluit ook mediese tegnieke soos chemoterapie, skokterapie en psigochirurgie hierby in. Slegs ‘n professionele person, soos ‘n kliniese sielkundige of psigiater, mag psigoterapie toepas.