Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
Tuisblad ![]() ![]() ![]() |
ProsesseringspoedMeer as drie dekades van navorsing het gedemonstreer dat die oorgrote meerderheid van kinders en volwassenes met leesgestremdhede duidelike probleme ondervind wanneer hulle gevra word om die mees alledaagse visuele simbole en stimuli in hul taal vinnig te benoem: letters, syfers, kleure en eenvoudige voorwerpe. Die Rapid Automatized Naming Test (RAN), die gewildste benoemingspoedtoets, vereis dat die toetsling 50 items benoem op vier kaarte (Kleure, Voorwerpe, Syfers, Letters), bestaande uit vyf verskillende stimuli wat tien keer deurmekaar herhaal word in ‘n 10x5-matriks. Aanvanklik is ‘n agterstand in benoemingspoed beskou as deel van die fonologiese agterstand van swak lesers. Fonologiese bewustheid is die begrip van die verskillende maniere waarop mondelinge taal in kleiner komponente opgedeel en gemanipuleer kan word. Daar word beweer dat foneembewustheid, ‘n onderdeel van fonologiese bewustheid, leesvermoë voorspel. Navorsers het egter gevind dat benoemingspoed nie ‘n element van fonologiese bewustheid is nie. Byvoorbeeld, wanneer die onreëlmatigheid van die Engelse skryfstelsel as ‘n moontlike verduidelikende faktor in die benoemingspoed-bevindings uitgeskakel word, lyk dit asof prosesseringspoed ‘n sterker voorspeller van leesprestasie is as fonologiese bewustheidstake. In Duits en Nederlands twee tale met ’n meer deursigtige of reëlmatige skryfstelsel as Engels lyk dit asof benoemingspoed ‘n sterker voorspeller van leesprestasie is as fonologiese bewustheid. Al die Edublox-oefeninge werk saam om prosesseringspoed te verbeter, wat bloot die spoed is waarmee ‘n mens se brein inligting verwerk. Dit is ‘n vaardigheid wat die RAN-toets beslis benut. Prosesseringspoed beïnvloed ‘n persoon se vermoë om op belangrike dinge te fokus terwyl minder belangrike items geïgnoreer word, en dit is wat die brein toelaat om van een aktiwiteit na ‘n ander oor te skakel. Opvoedkundige spesialis, Dr Lee DeLorge in Ohio, het die invloed van ‘n Edublox-program op prosesseringspoed getoets. Sewe-en-sestig studente tussen 5 en 18 jaar oud met Aandagsgebrek en Hiperaktiwiteitsindroom (AGHS), disleksie, diskalkulie en nie-spesifieke leergestremdhede, het aan haar studie deelgeneem. Vier-en-negentig persent van die leerders het beduidend verbeter. Resultate was soos volg:
|