Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Hulp vir Probleme met Lees, Spelling,
Skrif en Wiskunde

Jannes moes skool toe gaan. Sy ma het besef dat hy nie skoolgereed is nie, en aangevra dat hy deur die skoolsielkundige getoets moet word vir skoolgereedheid. Die antwoord wat mev Oosthuizen ontvang het, was dat Jannes die daaropvolgende jaar skool toe móés gaan as gevolg van sy ouderdom en dat sy probleem vanself sou regkom. Jannes is gevolglik nie getoets nie.

Graad 1

Gedurende Jannes se Graad 1-jaar het mev Oosthuizen agtergekom dat Jannes probleme het met lees, spelling, skrif en wiskunde. As hy skryf, het hy dikwels letters en syfers omgekeer, byvoorbeeld (s) en (k). Die meeste letters en syfers het hy van onder af begin skryf, byvoorbeeld é i, é p en é d. Hy het woord vir woord gelees en woordomkerings gemaak wanneer hy lees. Indien hy nie sy vinger gebruik het om te lees nie, het hy aanmekaar sy plek verloor en dit moeilik weer gevind. Mev Oostuizen was bekommerd oor sy vordering, maar het geen terugvoering van die skool gekry nie. Hy slaag Graad 1 met drie B- en vier C-simbole.

‘n Voorbeeld uit Jannes se skoolskrif: Graad 1

Graad 2

In Jannes se Graad 2-jaar ontvang sy ouers ‘n brief van die skool dat Jannes remediërende onderrig moet ontvang. Die skool het egter geen opgeleide remediërende onderwyseres gehad nie. Die ouers is meegedeel dat sy onderwyseres sommer in die klas, gedurende skoolure, vir hom remediërende onderrig sou gee. Mev Oosthuizen is deur die skoolhoof meegedeel dat Jannes eintlik Graad 1 moes gedruip het, maar dat hulle hom oorgeplaas het. Die skoolhoof beskou Jannes as “uiters swak”.

In Maart word Jannes vir die eerste keer deur die skoolsielkundige getoets. Hy beveel aan dat Jannes remediërende onderrig, fisioterapie en arbeidsterapie moet ontvang en ook deur ‘n neuroloog ondersoek moet word.

Jannes se ouers reël ‘n afspraak by ‘n opvoedkundige sielkundige wat hom evalueer. Sy bevinding is dat Jannes oor gemiddelde verstandsmoontlikhede beskik. Op grond van die groot verskil tussen sy verbale en nie-verbale tellings op die IK-toets diagnoseer die opvoedkundige sielkundige Jannes se leerprobleem soos volg: “...dit kan dui op afasie, psigoneurologiese disfunksie, verbale eksplorasievrees en taalverwarring”. Die sielkundige beveel ‘n volledige neurologiese ondersoek en oogtoets aan, sowel as remediërende onderrig en arbeidsterapie.

Die neuroloog word volgende besoek wat “definitiewe neurologiese probleme” vasstel en remediërende onderrig, arbeidsterapie en spraakterapie aanbeveel, asook dat Jannes na ‘n skool vir buitengewone onderwys gestuur moet word.

Mev Oosthuizen ignoreer die aanbeveling van buitengewone onderwys en probeer tuis om Jannes se werk op standaard te kry. Drie maande lank ontvang hy arbeidsterapie, maar in Augustus word sy ouers skool toe ontbied deur die skoolsielkundige wat hulle vra om alle ekstra hulp tuis te staak, insluitende die arbeidsterapie, omdat hulle besig is om hulle kind “dood te druk” onder al die werk. Hulle gee gehoor.

Jannes druip Graad 2. Sy ouers word meegedeel dat hy liewers na ‘n spesiale klas oorgeplaas moet word. Hulle weier, en die skoolsielkundige plaas Jannes oor na ‘n naburige skool, waar ‘n opgeleide remediërende onderwyseres is. Hy sou nou Graad 2 herhaal, maar ook remediërende onderrig ontvang.

Voorbeelde uit Jannes se skoolskrifte: Graad 2

Graad 2 herhaal

Jannes bevind homself nou in ‘n baie groter skool, in ‘n klas met meer as 30 leerlinge. Die skoolhoof stel dit duidelik aan sy ouers dat, indien Jannes nie na wense vorder nie, hy nie verdere remediërende onderrig kan ontvang nie as gevolg van ‘n lang waglys. Teen die einde van Maart beskryf die remediërende onderwyseres Jannes se tempo van vordering as “baie stadig”, maar die skoolhoof gee sy toestemming dat daar vir ‘n verdere kwartaal met remediëring voortgegaan mag word.

In April het Jannes met ‘n Edublox-program begin. Aangesien sy ouers by die vorige skool gekritiseer is omdat hulle Jannes tuis gehelp het, het hulle besluit om dit nie aan die skool bekend te maak dat hulle die program gebruik nie. Die program het gou vrugte afgewerp, want teen Junie beskryf ‘n vorderingsverslag van die skool Jannes se werk as “op peil” en dat hy “geen bepaalde uitvalle toon nie” en teen Desember is sy spelling “bo klaspeil”. Mev Oosthuizen beskryf Jannes se vordering aan die einde van die jaar soos volg:

“Sy skrif het soos in ‘n handomkeer verander. Jannes het feitlik geen omkerings meer gemaak nie. Sy spelling asook sy wiskunde het verbeter. Hy het begin om goeie sinne te maak. Sy konsentrasievermoë het verbeter, asook sy herkenning van klanke en woorde. Die diskriminasie van klanke wat vroeër vir hom verwarrend was, soos b en d, kan hy nou onderskei sonder om te twyfel.

“Alhoewel hy nog stadig lees, lees hy nie meer woord vir woord nie. Hy maak ook nie meer woordomkerings nie, en verloor ook nie meer sy plek as hy een reël na die volgende gaan nie.”

Voorbeelde uit Jannes se skoolskrifte: Graad 2 herhaal

Oosthuizen is nie Jannes se regte van nie.