Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Posisie in die Ruimte

Persepsie van posisie in die ruimte kan gedefinieer word as persepsie van die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer. Die persoon neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante.

Wanneer ‘n leerder probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wêreld verwronge, hy is lomp en huiwerig om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om die woorde in, uit, op, af, voor, agter, links en regs te verstaan. Letters, woorde, sinne, syfers en prente is verdraai of vervorm en dit kan hom verwar. Wanneer die kind begin leer lees en skryf sal daar omkerings voorkom soos by b en d, p en q, as en sa, kam en mak, 26 en 62.

Visuele waarnemings is die enigste manier om ruimte te struktureer. Hier speel tyd, diepte en afstand ‘n groot rol. Hoe verder weg ‘n voorwerp is, hoe kleiner sal hy lyk alhoewel hy dieselfde werklike grootte bly. Die bewegings van die liggaam moet ook aanpas by die afstand wat afgelê moet word binne ‘n sekere tyd.

Wanneer iets val sal die reaksies vinnig genoeg moet wees om die voorwerp betyds te gryp; as ‘n bal gevang of geslaan moet word, moet die tyd reg wees.