Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Persepsie

Voordat 'n persoon iets kan leer, moet persepsie eers plaasvind, d.w.s. hy moet dit deur een of meer van sy sintuie kan waarneem. Gewoonlik moet 'n mens dit hoor of sien. Daarna moet dit, wat waargeneem is, interpreteer word. In wese kom dit daarop neer dat persepsie eintlik interpretasie beteken. Vanselfsprekend kan 'n gebrek aan ervaring daartoe lei dat 'n persoon iets, wat hy hoor of sien, verkeerd interpreteer. Met ander woorde, persepsie verteenwoordig ons gewaarwording van 'n huidige situasie in terme van ons vorige ervaring.

Rigtingsin en vormwaarneming is twee uiters belangrike interpretasies wat nodig is vir lees en spel.