Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Ouditiewe Persepsie

By die aanleer van taal speel die gehoor ‘n belangrike rol. Ouditiewe persepsie is die interpretasie van informasie wat deur die ore na die brein gestuur word. Dit is die kontak wat die brein met die buitewęreld maak deur middel van die ore.

As gevolg van foutiewe ouditiewe persepsie kan die kind woorde anders hoor as die normale kind en sal hy ook anders praat en anders weergee. Hy sal byvoorbeeld die woord “kat” hoor as “kas” en dit dan so weergee.

Sy ouditiewe persepsie kan gedisorganiseerd en fragmentaries wees, maar dit kan ook wees dat die kind as gevolg van die gebrek aan konsentrasie of as gevolg van aandagfluktuasie nie die woorde reg hoor nie. Sy aandag was miskien op ‘n sekere oomlik afgelei, met die gevolg dat hy net ‘n deel van ‘n woord gehoor het.

‘n Kind wat probleme ondervind met ouditiewe persepsie sal dit moeilik vind om te onthou wat hy gehoor het. Hy verwar woorde wat eenders klink soos “Ben” en “pen” en hy “vergeet” as hy met boodskappe gestuur word of hy kom terug met ‘n verkeerde boodskap as gevolg van ouditiewe verwarring. Hy ondervind probleme met lees omdat hy nie die klanke en woorde kan onthou wat die onderwyseres aan hom sę nie. Hy vind dit ook baie moeilik om woorde uit te klank, of woorde te verdeel in lettergrepe.

‘n Kind met ouditiewe probleme reageer stadig op opdragte wanneer dit aan die hele klas gegee word. Hy kyk eers wat die ander kinders doel voor hy handel.

Ouditiewe persepsie is een van die vele vaardighede wat by Edublox geoefen en sodoende verbeter word.