Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Die Rol van Ouditiewe Geheue in die Leerproses

n Swak ouditiewe geheue kan tot ernstige gevolge in die leerproses lei, s Addie Cusimano in haar boek Learning Disabilities: There is a Cure.

Ouditiewe geheue behels die vermo om inligting, wat mondeling aangebied word, in te neem, te verwerk, in die geheue te stoor en dan in staat te wees om dit weer te herroep. Wesenlik omvat dit die vaardighede van aandag gee, luister, verwerk, stoor, en herroep. Aangesien leerders met 'n swak ouditiewe geheue slegs brokstukke inneem van wat gedurende 'n klasles ges word, kan hulle vanselfsprekend ook min begryp van alles wat deur die onderwyser ges is. Agterna kan hulle ook min, of niks, herroep van alles wat ges is, s Cusimano.

Leerders met 'n swak ouditiewe geheue sal dit dikwels moeilik vind om 'n goeie begrip van woorde te verwerf, of om terme en inligting wat mondeling vir hulle aangebied is, te onthou, byvoorbeeld in die geskiedenis- of wetenskapklasse.

Hierdie leerders sal dit ook moeilik vind om inligting, wat hulle self gelees het, te verwerk en te onthou. As 'n mens lees, moet jy luister en die inligting verwerk wat jy aan jouself voorlees, selfs wanneer jy sag lees. As 'n mens nie konsentreer en luister na die woorde wat jy lees nie, kan jy nie die inligting verwerk en later herroep nie. Dus, selfs wanneer iemand nie hardop lees nie, is 'n vorm van luister nogtans betrokke.

Volgens Cyndi Ringoen, n neuroterapeut, is n swak ouditiewe korttermyn-geheue dikwels die oorsaak van n kind se onvermo om met die klankmetode te leer lees. Die klankmetode is n ouditiewe sisteem, en as daar tekortkominge in ouditiewe korttermyn-geheue is, sal dit die kind verhinder om met die klankmetode te leer lees. Volgens Ringoen moet n kind n ouditiewe geheuespan van byna ses h om met die klankmetode geleer te word.

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle ouditiewe geheue korttermyn sowel as langtermyn.