Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Ouditiewe Geheue

Ouditiewe geheue verwys na die vermoë om te onthou wat gehoor of ouditief waargeneem is.

  • ‘n Kind wie se ouditiewe geheue nie intakt funksioneer nie, vind dit moeilik om opdragte uit te voer of om boodskappe oor te dra, veral as die opdrag meer as een element bevat.

  • Hierdie tipe leerder sal ook sukkel om begripsvrae of vrae oor werk wat so pas behandel is te beantwoord.

  • ‘n Ander probleem in dié verband is die neiging van die leerder toon om sy klasmaats se voorbeeld te volg wanneer ‘n opdrag mondeling gegee word, in plaas daarvan om self te onthou wat hy gehoor het, byvoorbeeld: in geval van die opdrag “Maak jul boeke op bladsy 56 oop”, mag die kind aarsel totdat hy sien wat die ander kinders doen en dan eenvoudig hul voorbeeld volg. Hy voer dus nie die ouditiewe opdrag uit nie, maar wel die visuele.

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle ouditiewe geheue.