Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
Tuisblad ![]() ![]() ![]() |
Oog-Hand-KoördinasieOog-hand-koördinasie is die vermoë om bewegings met die hand, gelei deur die oë, uit te voer. By ‘n kind wat sukkel met oog-hand-koördinasie kan die hand en die oog nie saamwerk nie. Die hand kan nie die beweging uitvoer wat deur die oë gelei word nie. As ‘n kind ‘n bal wil vang, word die beweging gelei deur die oë. Sommige kinders kan die bal volg met die oë maar hom nie raak vang nie. Hulle hande is te vinnig of te stadig en hulle vang sodoende telkens mis. Hierdie kinders sukkel met die natrek van figure en patrone, kan nie woorde op die skryfbord naskryf nie, sukkel met skrif en ander nie-akademiese vaardighede soos knip, plak, verf, papierskeur, legkaarte bou en kan nie ‘n bal gooi of slaan nie. |