Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Middellyn-Kruising

Sommige leerlinge ondervind probleme wanneer hulle oor die middellyn moet beweeg:

‘n Regshandige kind met middellynprobleme sal net op die regterkant van sy papier skryf of teken, of hy sal die papier na die regterkant toe verskuif sodat hy net bewegings van sy middellyn af na regs hoef uit te voer. Ander kinders verander weer die posisie van hulle liggame sodat hulle net bewegings van die middellyn af na regs hoef uit te voer.

‘n Linkshandige kind met middellynprobleme sal weer net op die linkerkant van die papier skryf of teken, of die papier skuif na die linkerkant toe, of sy liggaam na regs draai. Sommige linkshandige leerlinge skryf selfs van die middellyn af na links.