Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Menslike Behoeftes

Volgens Maslow (1954) openbaar die gemiddelde mens ‘n reeks behoeftes met ‘n spesifieke hiërargiese volgorde. Hierdie struktuur sluit:

  • fisiologiese behoeftes (honger, dors, ens.),
  • veiligheidsbehoeftes (pyn, vrees, ens.),
  • die behoefte om aan iemand of ‘n groep te behoort,
  • vie behoefte aan liefde,
  • aan aansien en die
  • behoefte aan selfverwesenliking, in.

Hierdie behoeftestruktuur is van so aard dat die behoeftes wat eerste in die hiërargie voorkom, naamlik die fisiologiese behoeftes, oorheers. Dit is die eerste behoeftes wat bevredig moet word. Indien hulle bevredig is, kom die neiging tot bevrediging van die daaropvolgende behoeftes na vore. Dit is egter nie altyd nodig dat ‘n basiese behoefte ten volle bevredig hoef te wees om ander behoeftes na vore te laat kom nie — net die sekerheid dat die primêre behoefte bevredig kan word, is genoeg om dit vir ‘n tyd op die agtergrond te skuif en ander behoeftes te bevredig.

Indien Maslow se behoeftestruktuur in die praktyk beskou word, kan ‘n ietwat ander indeling van menslike behoeftes op grond daarvan gemaak word. Hiervolgens kan die behoeftes in drie breë groepe ingedeel word, naamlik:

a) behoeftes wat betrekking het op die voortbestaan van die organisme,
b) dié wat verband hou met die voortbestaan van die spesie,
c) sosiale en individuele behoeftes.