Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Liggaamsbeeld

Die kind moet kennis dra van sy liggaamsbewegings. Hy moet

  • weet hoe sy eie liggaam beweeg;
  • sy eie liggaam leer ken;
  • een deel van sy liggaam kan onderskei van die ander deel;
  • ‘n gewaarwording ondervind van die twee kante van sy liggaam;
  • en hy moet kan onderskei tussen links en regs.

Hy moet nie net weet waar links of regs is nie maar dit ook beleef. As die kind nie die belewenis van links en regs van binne af ervaar nie, sal hy ook nie die betekenis van in, uit, bo, onder, agter, voor, ens. verstaan nie. Hierdie leerders is gewoonlik

  • lomp;
  • stadig van begrip;
  • verwar ‘b’ en ‘d’;
  • lees ‘maan’ in plaas van ‘naam’;
  • skryf of lees 24 in plaas van 42.
Distorted Body Image