Leesouderdom
Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer leesouderdom as ‘n maatstaf van ‘n kind se leesprestasie, soos bepaal deur ‘n gestandaardiseerde leestoets. Dit word bepaal deur die kind se prestasie te vergelyk met die gemiddelde prestasie van kinders van verskillende chronologiese ouderdomme. Wanneer die kind se prestasie ooreenstem met die gemiddelde prestasie van kinders met ‘n ouderdom van X jaar, dan is sy leesouderdom X jaar. Dus as ‘n kind van 8 jaar net so goed lees soos die gemiddelde 10 jaar oue kind, dan is sy leesouderdom 10 jaar.
|