Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

A tot Z van Lees, Leesprobleme, Leestoetse en Remedirende Leesprogramme


Disleksie: Sal jy asseblief in leketaal verduidelik wat disleksie is?

Die term "disleksie" is saamgestel uit twee Griekse woorde wat "swak lees" beteken. Spel en skryf, as gevolg van hulle noue verband met lees, word gewoonlik ook daarby ingesluit.

Die outydse (en dalk nog populre) siening is dat disleksie n fisiese versteuring in die brein is wat veroorsaak dat inligting verkeerd verwerk en genterpreteer word, wat dan lei tot leesprobleme. Histories is die disleksie-etiket toegeken aan leerders wat n gemiddelde tot n bogemiddelde IK het, en ten spyte van "voldoende" leergeleenthede n ernstige leesagterstand het. Kinders wat sukkel met lees, wie se IK laag is, se leesprobleme is toegeskryf aan hulle intellektuele beperkinge.

Dan is daar bepaalde simptome:

  • Een van die mees ooglopende en mees algemene tekens is omkerings. Kinders met hierdie soort probleem verwar dikwels letters soos b en d, wanneer hulle lees f wanneer hulle skryf, of hulle lees (of skryf) woorde soos "rot" vir "tor" of "een" vir "nee".
  • 'n Ander besliste teken is weglatings, dit wil s wanneer 'n kind soms "staf" lees of skryf wanneer die woord eintlik "straf" is.
  • Die kind wat baie stadig of huiwerig lees, wat hakkelrig lees, woord vir woord, of wat aanhoudend sy plek verloor, en dan hele stukke uitlaat of dieselfde rel twee keer lees.
  • Hy mag probleer om die letters hardop te klank, maar kan dan nie die regte woord s nie. Hy mag byvoorbeeld die letters "k-a-t" klank, maar dan die woord "koud" s.
  • Die kind mag die letters van 'n woord in die verkeerde orde lees of skryf soos "snik" in plaas van "niks", of die lettergrepe verkeerd om soos "emelent" in plaas van "element", of woorde in die verkeerde volgorde soos "daar is" in plaas van "is daar".
  • Hy mag woorde spel soos wat hulle klink, soos "sienkie" pleks van "seuntjie".
  • Hy mag met swak begrip lees, of miskien min onthou van wat hy lees.
  • Hy het dikwels n swak of baie stadige handskrif.

Omdat daar verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is, is daar histories ook geglo dat disleksie "ongeneeslik" is: "Dyslexia is like alcoholism...it can never be cured" (Clark, M., & Gosnell, M., "Dealing with dyslexia," Newsweek, 22 March 1982, 55-56.)

Om bewustheid vir disleksie te skep het ondersteuningsgroepe begin om die idee te verkoop dat disleksie veral genie affekteer. Einstein, Leonardo da Vinci, Thomas Edison, Walt Disney, Winston Churchill, Hans Christian Andersen en baie ander beroemdes was sogenaamd dislekties. Die storie is soveel keer herhaal dat dit vandag as n feit beskou word. Terwyl dit waar is dat daar bekende mense is wat dislekties is/was, word dit oordryf en was nie een van die bogenoemde persone dislekties nie.

Teen die draai van hierdie eeu het nuwe metodes dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak om in die brein te sien en het dit geblyk dat die brein plasties is. Nuwe verbindings of herbedrading tussen neurone kan vorm en die interne struktuur van die bestaande sinapse kan verander. Nuwe neurone word ook voortdurend gebore, veral in die leer- en geheue-sentrums. As jy n kundige op n sekere gebied raak, dan groei die deel in jou brein wat daarmee te make het. Of, as n persoon breinskade aan die linkerkant van die brein opdoen, wat gewoonlik die taalsentrum van die brein is, kan die regterkant van die brein daardie funksies oorneem.

Met fMRI-skanderings ensovoorts is nou bevestig dat daar wel (soos altyd geglo is) verskille is tussen die breine van dislektiese persone en mense wat goed kan lees. Maar dieselfde verskille word ook by swak lesers met n lae IK waargeneem, wat daarop dui dat IK nie n geldige maatstaf vir die diagnose van disleksie is nie.

Mens moet ook in gedagte hou dat n neurologiese verskil nie n neurologiese gestremdheid impliseer nie! Ons weet nou ook daar is verskille tussen die breine van mense wat jongleer ("juggle") en mense wat nie jongleer nie, en tussen die breine van mense wat n musiekinstument bespeel en mense wat nie n musiekinstument bespeel nie, ensovoorts. Dan is dit mos logies dat daar ook verskille tussen die breine van persone sal wees wat kan lees en persone wat sukkel met lees!

Edublox se beskouing, gebaseer op die die nuutste navorsing, is dat disleksie nie n gestremdheid is nie, maar bloot n onvermo (dis nie n disability nie, maar n inability), en dat dit oorkom kan word as mens die oorsaak daarvan aanspreek. Terwyl daar ander oorsake is, is die mees algemene oorsaak van disleksie dat die vaardighede wat lees en spel ten grondslag l, nie na behore ontwikkel is nie.

Leer vind trappie vir trappie plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy n volgende kan bemeester.

Hierdie beginsel, dat leer n laagsgewyse gebeure is, kan aan die hand van enige sportsoort, soos byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat n persoon yshokkie kan speel, moet hy eers leer om baie goed te skaats. Nadat hy geleer het om vorentoe te skaats, moet hy ook leer om agteruit te skaats en om binne n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer hy hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle ast ware geoutomatiseerd geraak het, is hy gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester. Dan kan hy begin leer om die rubberskyf met sy yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet, en om sy opponent te stamp of te skouer. Nadat hy al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die rels van die spel geleer het, kan hy begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.

Net soos wat daar n verskeidenheid van vaardighede is wat n voorvereiste vir yshokkie is, so is daar n verskeidenheid vaardighede waarop lees berus en wat n kind moet baasraak voor hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme h.

Disleksie is dus die gevolg van dieperliggende probleem. By Edublox doen leerders (1.) breinoefeninge om die grondvaardighede waarop lees (en spel) berus te oefen en te verbeter, en dan word daar ook (2.) aktief aan lees, spel en leesbegrip gewerk. Edublox verskaf ook tuisprogramme met dieselfde oogmerke.


Disleksie: Praat mens van n dislektiese of n disleksiese persoon?

Die korrekte woord is dislekties. "Die volgende voorbeelde dui aan dat naamwoordsuffikse en adjektiwiese suffikse kan verskil en soms verkeerd gebruik word," verduidelik akademie.co.za. "Hy is dislekties, nie disleksies nie. Die naamwoord is disleksie. Dieselfde probleem kom voor by anorekties, nie anoreksies nie. Die uitgeteerde meisie is anorekties, sy ly aan anoreksie of anorexia of anorexia nervosa."


Disleksie: Het jy dalk toegang tot statistieke oor hoeveel mense aan disleksie ly (byvoorbeeld 1 uit elke 100)?

Dit hang van jou definisie af. Die statistieke wissel van 3% tot 40%. Die mees algemene persentasie wat gegee word is 10%. Wat redelik seker is, is dat meer seuns as meisies met leesprobleme worstel.


Disleksie: Jy het verduidelik die mees algemene oorsaak van disleksie is dat die vaardighede waarop lees en spel gebou word, nie behoorlik ontwikkel is nie. Verduidelik asseblief watter vaardighede dit is?

Naas taal, wat die heel onderste bousteen van lees is (mens kan tog net n taal lees wat jy ken), is daar vier boustene of pilare: konsentrasie, persepsie, geheue en logiese denke. Hierdie is almal vaardighede wat vatbaar vir oefening is:

Konsentrasie:

Konsentrasie bestaan uit

  • Selektiewe aandag: Die vermo om gefokus te bly ten spyte van steurings.
  • Verdeelde aandag: Die vermo om twee take gelyktydig uit te voer (amper soos "multi-tasking"). Die Stroop-toets is n bekende toets vir verdeelde aandag.
  • Volgehoue aandag: Die vermo om vir n lang tyd op dieselfde ding te konsentreer.

Persepsie:

Die woord persepsie beteken interpretasie. Kinders word gebore met die vermo om te sien en te hoor, maar nie met die die vermo om dit wat hulle sien of hoor te interpreteer nie. Dit gebeur alleenlik deur leer en ervaring.

Perseptuele vaardighede betrokke by lees en spel sluit in:

  • Visuele diskriminasie van voorgrond en agtergrond, kleur, vorms, groottes en posisie in die ruimte. Wanneer mens lees moet jy ook kan sintetiseer in terme van die bogenoemde, en wanneer jy spel moet jy ook kan analiseer in terme van die bogenoemde.

  • Ouditiewe diskriminasie van voorgrond en agtergrond (i.e. die vermo om aan relevante ouditiewe stimuli aandag te gee en irrelevante stimuli te ignoreer); ouditiewe diskriminasie van klanke (om die verskil tussen "pen" en "pan" te hoor); ouditiewe sintese (om te weet k-a-t spel "kat") en ouditiewe analise (om woorde in lettergrepe te verdeel).

Om dit prakties te maak: Een van die belangrike dinge wat dit moontlik maak om b en d uitmekaar te ken is n geinternaliseerde kennis van links en regs (n posisie in die ruimte perseptuele vaardigheid). As n kind dus nie kan onderskei tussen b en d nie, beteken dit hy interpreteer wat hy sien verkeerd. Hy het n sekere agtergrondkennis nie, en ons moet dit vir hom gee.

Persepsie word ook prosessering genoem. Dr Lee deLorge, n opvoedkundige spesialis in Ohio het bevind dat Edublox prosesseringspoed binne minder as 40 ure dramaties verbeter. Dertien van die 67 studente in die studie was gediagnoseer met disleksie.

Geheue:

  • Visuele geheue: Die vermo om iets te sien en te onthou. Kinders wie se visuele geheue baie swak is, sal sukkel om van die bord af te skryf. As hulle afkyk, het hulle reeds vergeet wat hulle gesien het.
  • Ouditiewe geheue: Om iets te hoor en te onthou.
  • Reeksgeheue: Om dinge in volgorde te kan onthou. n Woordeboek bestaan uit duisende woorde waarvan elke woord anders gespel word. Sonder n goeie reeksgeheue is lees en spel moeilik tot onmoontlik.
  • "Iconic memory": Dit bepaal grootliks n mens se oogspan. Hoe groter jou oogspan, hoe meer letters kan n mens gelyktydig sien en hoe vinniger en gladder sal jy kan lees.
  • Korttermyngeheue: Die retensie van materiaal vir n paar sekondes tot hoogstens n minuut.
  • Langtermyngeheue: Die vermo om dinge vir langer te onthou.
  • Werkende geheue: Dis waar jy iets moet kan onthou en terselfdertyd gebruik en manipuleer, soos wanneer jy n opstel skryf, maar terselfdertyd die spelwoorde moet gebruik wat jy laas week geleer het. Werkende geheue word dikwels die "enjin van leer" genoem, en word vandag deur baie beskou as is n beter voorspeller vir akademies prestasie as n IK-telling.

Navorsing wat onlangs by die JHB Universiteit gedoen is dui daarop dat Edublox visuele geheue en reeksgeheue binne n baie kort tydperk aansienlik verbeter.

Logiese denke:

Logiese denke is die proses waardeur n mens redenering konsekwent en deurlopend gebruik om tot n besluit te kom. Probleme of situasies waarbinne logiese denke plaasvind verg struktuur, verbande tussen feite, en opeenvolgings van beredeneringe wat uiteindelik op n sinvolle gevolgtrekking uitloop.

Logiese denke is belangrik vir leesbegrip, spesifiek om dit wat mens lees te integreer met voorkennis, verbande raak te sien en afleidings te maak.


Disleksie: Is disleksie ooreflik?

Vele navorsers is van mening dat disleksie n genetiese disfunksie is wat oorgerf word van geslag tot geslag. As ondersteuning vir hierdie siening word vele studies voorgehou wat aandui dat daar dikwels n familiegeskiedenis van disleksie is. Professor Beve Hornsby het byvoorbeeld bevind dat soveel as 85% van disleksielyers n nabye familielid het wat soortgelyke probleme met lees en spel het of gehad het. Volgens een Amerikaanse studie verhoog die risiko dat 'n kind n leesprobleem sal h viervoudig tot dertienvoudig, as een van die ouers ook so n probleem gehad het.

n Mens mag egter nooit vergeet dat statistiese gegewens dikwels niks meer is as omstandigheidsgetuienis nie, en omstandigheidsgetuienis moet altyd genterpreteer word. Ongelukkig kan dit maklik verkeerd genterpreteer word.

Dit is dalk wenslik om n voorbeeld te gee van hoe gevaarlik dit kan wees om gevolgtrekkings te maak op grond van statistieke alleen. Tot n aantal dekades gelede is inwoners in bepaalde dorpe in Suid-Afrika toegelaat om boorgatwater as drinkwater te gebruik. In sommige van hierdie plekke het die boorgatwater veroorsaak dat die inwoners se voortande verkleur het. Behalwe as iemand in die huis valstande gedra het, was almal pa, ma en kinders se voortande gevlek. Trouens, die persentasie van kinders en ouers wat almal gekleurde voortande gehad het, was waarskynlik 100%. Soos reeds aangedui, was oorerflikheid egter nie die oorsaak van die verkleurde voortande nie, maar wel die omstandighede waarbinne die gesinslede geleef het en die unieke omgewing wat hulle gedeel het, in die sin dat almal dieselfde water gedrink het.

Een van die vernaamste besware teen studies oor die oorerflikheid van disleksie is dus dat die statistieke verkeerd genterpreteer word: die voorkoms van disleksie in families word nie noodwendig veroorsaak deur gene nie, maar kan ook veroorsaak word deur die unieke omgewing wat die individue deel.

Dat gene wel n rol speel in menslike vermons en talente word nie ontken nie. Om te bepaal presies hoe groot die rol is wat gene speel en hoeveel die omgewing daartoe bydra, is egter onmoontlik. Neem byvoorbeeld n man soos Mozart, wat een van die briljantste musici van alle tye was. Mozart se hele gesin was musici en vandat hy klein was, is hy blootgestel aan n omgewing waar hy daagliks musiek gehoor het. Gestel nou net dat Mozart direk na geboorte deur ouers aangeneem is wat glad nie musiek gemaak het nie. Sou ons nog vandag geweet het van Mozart se bestaan? Dit is mootlik, maar dit is te betwyfel.

n Laaste vraag wat ons onsself moet afvra: selfs al sou dit wees dat disleksie oorgerf word, bly die vraag nog of n mens gedoem is tot mislukking omdat jy n slaaf van jou gene is, of kan jy leer om dit te oorkom?

By Edublox glo ons dat die kind nie n slaaf van sy gene is nie, maar sy leesprobleme kan oorkom.


Disleksie: Is daar n manier waarop ouers kan voorkom dat hul kind aan disleksie ly (deur byvoorbeeld die bogenoemde vaardighede te ontwikkel)?

  1. Is daar seker mylpale waarvoor ouers kan uitkyk wat lees- en skryfvaardighede betref?

  2. Wat kan ouers doen om hul kind te help om di mylpale te bereik?

Edublox bied klasse vir Graad R- en Graad 1-leerders aan wat daarop gemik is om die grondvaardighede van lees, spel en leer te ontwikkel en te outomatiseer, en sodoende disleksie te voorkom. Edublox verskaf ook tuisprogramme met dieselfde oogmerke. Daar is egter baie wat ouers kan doen om di probleem te voorkom:


a. b.

MYLPAAL 1: TAALONTWIKKELING

Navorsing het bevind dat daar n beduidende verband is tussen disleksie en kinders wat laat begin praat het. Volgens Prof Beve Hornsby (Verenigde Koningkryk), een van die groot pioniers in die bewusmaking van disleksie, het 60% van dislektici laat begin praat.

Die kind mag verder stadig wees om nuwe woordeskat aan te leer, hy mag sukkel om die regte woord te herroep, of hulle verkeerd uitspreek: hy sal byvoorbeeld "ysstryker" vir "stykyster" s, of "meelkampperd" vir "kameelperd". Hy mag sukkel om vorms, kleure, dae van die week, maande van die jaar, ensovoorts te leer. Hy mag sukkel met rym.

Tussen nege maande en een jaar s n baba gewoonlik sy eerste woorde. Vanaf omtrent twee jaar behoort hy sy eerste sinne te begin gebruik, en teen drie jaar behoort hy reeds vol sinne te begin praat. Teen die ouderdom van vier behoort hy heeltemal goed te kan praat, alhoewel hy nog bepaalde grammatikale foute mag begaan. Teen vyf behoort hy basiese taal te bemeester het.

OEFEN JOU KIND SE TAAL

  • Praat baie met jou kind benoem dinge, verduidelik wat jy doen en wat hy doen.

  • Lees van kleins af vir jou kind voor.

  • Sing liedjies saam en oefen rympies.

  • Praat op sy ontwikkelingsvlak, nie babataal nie.

  • Maak seker gehoorprobleme word dadelik behandel.

MYLPAAL 2: POSISIE IN DIE RUIMTE

Persepsie van posisie in die ruimte kan gedefinieer word as die interpretasie van die verhouding van n voorwerp tot die waarnemer. Die persoon neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante.

Wanneer n kind probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wreld verwronge, hy is lomp en huiwerig om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om die woorde in, uit, op, af, voor, agter, links en regs te verstaan. Letters, woorde, sinne, syfers en prente word as verdraai of vervorm geinterpreteer en dit kan hom verwar. Wanneer die kind begin leer lees en skryf sal daar omkerings voorkom soos by b en d, p en q, as en sa, kam en mak, 26 en 62.

Die kind wat aanhou om links en regs met mekaar te verwar, laat is om n dominante hand te vestig, i.e. links of regs, en byvoorbeeld sukkel om sy skoenveters te leer vasmaak, het gewoonlik n probleem met die interpretasie van posisie in die ruimte.

OEFEN POSISIE IN DIE RUIMTE

  • Leer jou kind van kleins af om sy liggaamsdele te benoem: linkerhand en regterhand, linkervoet en regtervoet.

  • Oefen links en regs. Dit duur baie lank om te internaliseer. Jy kan dit nie net een of twee keer s nie dit moet elke dag oor en oor herhaal word.

  • Speel speletjies met begrippe soos op, bo, links, regs, binne-in: "Sit die bal in die boks, gaan kruip agter die boks weg."

MYLPAAL 3: GEHEUE

Navorsing het bevind dat disleksie gepaard gaan met n swak geheue, veral n swak korttermyngeheue. Kinders mag daarom sukkel om veelvoudige opdragte uit te voer, en om n storie in die regte volgorde te vertel of oor te vertel.

n Mens se syferspan word algemeen beskou as n goeie maatstaf van jou korttermyn-geheue. Dit is die aantal syfers wat n persoon in volgorde kan verwerk en herroep nadat hy dit een maal gehoor of gesien het.

Om die ouditiewe syferspan van n kind te toets, s n reeks syfers in n monotone stem, met intervalle van een sekonde. S, byvoorbeeld, 6-1-5-8 en laat die kind dit herhaal. As hy kan, s dan 9-2-4-7-5.

Die kind moet in staat wees om n reeks van vier syfers 75 persent van die tyd korrek te kan herroep met die eerste probeerslag om n ouditiewe geheuespan van vier te h. Dieselfde geld vir n reeks van vyf, ses, sewe en agt syfers.

n Kind van twee behoort behoort n ouditiewe geheuespan van twee te h, n kind van drie behoort n ouditiewe geheuespan van drie h, en so aan. n Kind van sewe en ouer behoort sewe syfers reg te kan onthou.

OEFEN JOU KIND SE GEHEUE

  • Speel geheuespeletjies. Plaas byvoorbeeld objekte op n skinkbord. Begin met net n paar, en laat jou kind daarna kyk vir tien sekondes. Maak die objekte toe en laat jou kind die objekte in die skinkbord opnoem. Sit meer objekte by, soos wat jou kind se geheue verbeter.

  • S n woord, byvoorbeeld "huis". Die kind s "huis". S nog n woord, byvoorbeeld "tafel". Die kind s "huis, tafel". Elke keer word nog n objek bygevoeg en die kind moet die rytjie van heel voor af herhaal.


Leesprobleme: Wat is die tipiese simptome van 'n leesprobleem? Waarmee sukkel die kind gewoonlik?

Hier is 'n lys van die mees algemene simptome van 'n leesprobleem:

* Een van die mees ooglopende ooglopende en mees algemene tekens is omkerings. Kinders met hierdie soort probleem verwar dikwels letters soos b en d, wanneer hulle lees f wanneer hulle skryf, of hulle lees (of skryf) woorde soos "rot" vir "tor" of "een" vir "nee".

* 'n Ander besliste teken is weglatings, dit wil s wanneer 'n kind soms "staf" lees of skryf wanneer die woord eintlik "straf" is.

* Die kind wat baie stadig of huiwerig lees, wat hakkelrig lees, woord vir woord, of wat aanhoudend sy plek verloor, en dan hele stukke uitlaat of dieselfde rel twee keer lees.

* Hy mag probleer om die letters hardop te klank, maar kan dan nie die regte woord s nie. Hy mag byvoorbeeld die letters "k-a-t" klank, maar dan die woord "koud" s.

* Die kind mag die letters van 'n woord in die verkeerde orde lees of skryf soos "snik" in plaas van "niks", of die lettergrepe verkeerd om soos "emelent" in plaas van "element", of woorde in die verkeerde volgorde soos "daar is" in plaas van "is daar".

* Hy mag woorde spel soos wat hulle klink, soos "sienkie" pleks van "seuntjie".

* Hy mag met swak begrip lees, of miskien min onthou van wat hy lees.

* Hy het dikwels 'n swak of baie stadige handskrif.

Sommige kinders slaag daarin om vir 'n lang tyd hul onvermo om te lees weg te steek. Hulle vra die ouer om vir hulle 'n bladsy voor te lees, en dan "lees" hulle dit daarna. Wat in werklikheid gebeur, is dat hulle die stukkie memoriseer terwyl die ouer dit lees, en dan herhaal hulle dit eintlik volgens geheue. Dit is eers later, wanneer die leeswerk wat hulle moet doen, te veel word om suksesvol te memoriseer, dat hulle onvermo om te lees openbaar word.


Leesprobleme: My kind het n leesprobleem. Ons het al alles probeer. Hoekom sal Edublox werk as niks anders gewerk het nie?

Die doeltreffendheid van Edublox-programme is daaraan te danke dat hulle gebaseer is op universele leerbeginsels, eerder as op individuele leerstyle of persoonlike leervoorkeure. Basies is Edublox-programme op drie fundamentele beginsels gebaseer:

i) Leer is n laagsgewyse gebeure

Die eerste universele leerbeginsel is dat die menslike leerproses nie op n enkele vlak plaasvind nie, maar laagsgewys is. Dit word wreldwyd as n didaktiese beginsel aanvaar. Regdeur die wreld, in uiteenlopende opvoedkundige stelsels, word dit algemeen aanvaar dat n kind by die laer vlakke van opvoeding moet begin en dan geleidelik na die hor vlakke moet vorder.

As leer by die mens nie n laagsgewyse gebeure was nie, maar op n enkele vlak geskied het, sou dit onnodig gewees het. Dit sou dan nie belangrik gewees het om n kind by die eerste graad te laat begin nie. In werklikheid sou dit moontlik gewees het vir n kind om op enige vlak in die skool te begin en sy skooljare in enige volgorde te voltooi.

n Praktiese voorbeeld is die feit dat n mens eers moet leer tel voordat dit moontlik is om rekenkunde te doen. Gestel n mens probeer om n kind, wat nog nie geleer tel het nie, te leer om op te tel en af te trek. Dit sal heeltemal onmoontlik wees, en geen hoeveelheid moeite sal die kind suksesvol leer optel en aftrek nie. Dit illustreer dat tel n vaardigheid is wat bemeester moet word voordat dit moontlik is om te leer om berekenings te doen.

Op dieselfde manier is daar sekere grondvaardighede en kennis wat n kind moet verwerf voordat dit vir hom moontlik word om voordeel te trek uit n leeskursus.

Fundamentele leesvaardighede bestaan uit kognitiewe vaardighede soos verdeelde aandag, interpretasie van posisie-in-die-ruimte, vormherkenning, prosesseringspoed, en visuele, ouditiewe, reeks- en werkende geheue.

ii) Outomatisme is die resultaat van herhaling en oefening

Die verwerwing van n nuwe vaardigheid word gewoonlik geassosieer met n afname van inspanning wanneer die nuwe vaardigheid uitgevoer word, wat lei tot die ontwikkeling van outomatisme. Outomatisme word per definisie bereik wanneer die uitvoering van n primre taak minimaal benvloed word deur ander deurlopende take. Mense verwys dikwels na outomatisme deur te s hulle kan die taak met toe o of in my slaap doen.

Voorbeelde van outomatisme is algemene aktiwiteite soos loop, fietsry, motorbestuur en praat. Enige persoon wat n taal praat wat hy goed ken, konsentreer nie op woordeskat of sinskonstruksie of grammatika nie. Sy gedagtes is gefokus op wat hy wil s. Soos verduidelik word in die Journal of Learning Disabilities, as die vaardigheid vir die primre taak geoutomatiseer is, sal dit nie belemmer word deur die gelyktydige prosessering van die sekondre taak nie, want outomatiese prosessering maak nie gebruik van aandaghulpbronne nie.

Wanneer, daarenteen, die vaardigheid nie geoutomatiseer is nie, sal dit versteur word deur gelyktydige verwerking van n tweede vaardigheid, omdat twee vaardighede dan kompeteer vir beperkte aandaghulpbronne. Wanneer n persoon dus probeer om n taal te praat waarin hy nog nie vlot of outomaties is nie, sal hy noodwendig sy aandag moet verdeel tussen die inhoud van sy boodskap en die taal self. Hy sal dus gebrekkig en moeisaam praat.

Dit geld ook vir die leesaksie. Die persoon, in wie die fondasievaardighede van lees nog nie geoutomatiseer het nie, sal gebrekkig en moeisaam lees. Die arme leser word gedwing om al sy konsentrasie toe te spits op woordherkenning, en daarom het hy geen konsentrasie oor vir die inhoud nie. Gevolglik sal hy nie in staat wees om met begrip te lees nie.

Outomatisme is gewoonlik die resultaat van leer, herhaling en oefening. Die hoofproses waardeur ons outomatisme ontwikkel, word oorleer genoem. Oorleer is n pedagogiese konsep waardeur nuutverworwe vaardighede geoefen moet word tot ver verby die punt van aanvanklike bemeestering, wat dan lei tot outomatisme.

Oorleer is n gereedskap wat dikwels gebruik word deur mense wat gehore moet toespreek of in die openbaar moet optree. n Vioolspeler, byvoorbeeld, hou nie op oefen wanneer hy n musiekstuk bemeester het nie. In plaas daarvan gaan hy aan om daardie stuk te oefen totdat dit outomaties raak en die kans skraal is dat hy dit sal vergeet as hy voor n groot skare moet optree. Net so kan akteurs, dansers en ander musikante hulle senuwees kalmeer deur hulle stukke te oorleer. Hulle kan dus hulle optrede verbeter deur voort te gaan om te oefen verby die punt van memorisering van rels, passies of musieknote.

iii) Geleenthede vir toepassing is die sleutel tot sukses

Die derde belangrike leerbeginsel is dat daar geleenthede moet wees vir toepassing. Selfs terwyl n kind nog die vaardighede leer wat die basis van lees vorm, moet hy geleenthede gegee word om hierdie vaardighede toe te pas deur te lees.

n Belangrike punt is dat hierdie drie fundamentele leerbeginsels as n geheel gesien moet word, en nie in isolasie nie. Enige tuinier sal jou dieselfde ding vertel: dit is die wisselwerking tussen die hoeveelheid water, sonlig en bemesting wat sal veroorsaak dat n boom groot, sappige vrugte dra. As jy die boom eers water gee ses weke na jy die bemesting in die grond ingewerk het, gaan jy heel waarskynlik teruggaan na n verdroogde boom.


Oogspan: Wat is oogspan?

As 'n mens se o oor 'n gedrukte rel beweeg, beweeg hulle in 'n reeks vinnige sprongetjies wat deur kort pousetjies onderbreek word. Die spronge en die pouses volg mekaar so vinnig op dat 'n mens heeltemal onbewus is van hulle en daarom glo die meeste mense dat hulle o egalig oor die bladsy beweeg terwyl hulle lees. Maar as 'n mens na iemand anders kyk terwyl hy lees, is dit maklik om die vinnige, rukkerige bewegings van die o waar te neem.

'n Mens sal nogtans nie die bewegings van die o kan tel nie, eenvoudig omdat hulle te vinnig plaasvind. Die pouses — daar word gewoonlik na hulle verwys as "fiksasies" — duur slegs een vyfde tot 'n kwart van 'n sekonde.

By die normale beginner-leser kom daar gemiddeld twee fiksasies per woord voor. Dit beteken dat hy minder as een hele woord per fiksasie sien of herken. Hierdie statistiese gegewe is bepaal deur die leestegniek van meer as 'n duisend Graad Een-lesers op kamera vas te l met behulp van 'n oogkamera. Elke kind het 'n leesstuk bestaande uit ongeveer 100 woorde gelees. Gedurende die lees het daar gemiddeld 224 fiksasies voorgekom, dit wil s byna 2 fiksasies per woord, wat neerkom op 'n oogspan van .45 van 'n woord. Hierdie gemiddelde herkenningspan vermeerder baie geleidelik tot 1.11, of effens meer as een woord per fiksasie, vir normale universiteitstudente wat teen 'n gemiddelde leesspoed van 280 woorde per minuut lees. Die gemiddelde aantal woorde wat per fiksasie herken word bereik eers een hele woord teen graad elf.

'n Dislektiese persoon of swak leser sal geneig wees om meer dikwels te pouseer vir fiksasies, en die duur van elke fiksasie is gewoonlik ook langer as by die normale leser. 'n Verdere verskil tussen goeie en swak lesers is te vinde in regressiewe bewegings. Almal van ons beweeg soms ons o agteruit terwyl ons lees. Swak lesers doen dit meer dikwels as goeie lesers, maar daar is ook nog 'n verdere verskil: goeie lesers weet waar om terug te beweeg om weer te kyk. Hulle gaan terug na die begin van frases of sinne, en hulle kan die moeilike of belangrike gedeelte herlees (want dit is die doel van regressiewe bewegings). Swak lesers beweeg hulle o terug gewoon omdat hulle nie begryp het wat hulle pas gelees het nie.

Deur die leerder se oogspan te verwyd, kan die aantal fiksasies, die duur van die fiksasies en die aantal regressiewe bewegings verminder word, wat tot 'n vinniger leesspoed lei.


Ouditiewe geheue: Wat is ouditiewe geheue en hoe benvloed 'n swak ouditiewe geheue 'n kind se leervermo?

'n Swak ouditiewe geheue kan enige student se pogings om te leer ernstig benadeel.

Ouditiewe geheue behels die vermo om inligting, wat mondeling aangebied word, in te neem, te verwerk, in die geheue te stoor en dan in staat te wees om dit weer te herroep. Wesenlik omvat dit die vaardighede van aandag gee, luister, verwerk, stoor, en herroep. Aangesien leerders met 'n swak ouditiewe geheue slegs brokstukke inneem van wat gedurende 'n klasles ges word, kan hulle vanselfsprekend ook min begryp van alles wat deur die onderwyser ges is. Agterna kan hulle ook min, of niks, herroep van alles wat ges is.

Leerders met 'n swak ouditiewe geheue sal dit dikwels moeilik vind om 'n goeie begrip van woorde te verwerf, of om terme en inligting wat mondeling vir hulle aangebied is, te onthou, byvoorbeeld in die geskiedenis- of wetenskapklasse. Hierdie leerders sal dit ook moeilik vind om inligting, wat hulle self gelees het, te verwerk en te onthou. As 'n mens lees, moet jy luister en die inligting verwerk wat jy aan jouself voorlees, selfs wanneer jy sag lees. As 'n mens nie konsentreer en luister na die woorde wat jy lees nie, kan jy nie die inligting verwerk en later herroep nie. Dus, selfs wanneer iemand nie hardop lees nie, is 'n vorm van luister nogtans betrokke.


Rigtingsin: Wat is rigtingsin en hoe affekteer 'n gebrekkige rigtingsin 'n kind se leervermo?

Rigtinsin is die vermo om te onderskei tussen links en regs, voor en agter, en bo en onder.

Vir 'n kind wat probleme ondervind met rigtingsin, sal dit moeilik wees om die posisie van objekte ten opsigte van homself te bepaal, byvoorbeeld "regs van my", "links van my", "agter my", "voor my", ens. So 'n kind sal dit moeilik vind om sekere pen-en-papier take, waarby die bepaling van rigting en posisie nodig is, korrek uit te voer, soos byvoorbeeld "skryf jou naam regs bo in die hoek", "trek 'n streep onder die woord ______". Hy mag ook letters soos b en d met mekaar verwar, asook getalle soos 17 and 71, of hy sal dalk van regs na links in spielskrif skryf.


Visuele geheue: Wat is visuele geheue en hoe benvloed 'n swak visuele geheue 'n kind se leervermo?

Visuele geheue is die vermo om visuele waarnemings te stoor en later, as die oorspronklike waarneming nie langer sigbaar is nie, weer te herroep. Dit beteken dat die persoon in staat moet wees om 'n duidelike beeld van die stimulus, byvoorbeeld 'n woord, in sy geestesoog te vorm, sodat wanneer die stimulus nie meer voorhande is nie, hy nogtans in staat is om dit duidelik en sonder enige hulp weer op te roep.

Verskeie navorsers het beweer dat soveel as tagtig persent van alle leer deur die o plaasvind, wat beteken dat visuele geheue 'n beslissende aspek van leer vorm.

Kinders, wie se visuele geheue nie goed ontwikkel is nie, vind dit moeilik om 'n reeks visuele waarnemings te herroep. Hulle is dikwels nie daartoe in staat om vir die doeleindes van lees en spelling die globale verskyningsvorm van 'n woord of die volgorde van letters in woorde te onthou nie. Soms mag hulle wel die letters van 'n woord onthou, maar sal dan sukkel met die volgorde van die letters, of hulle mag dalk die eerste letter en beginstruktuur van 'n woord ken, maar kon nie daarin slaag om die verdere detail van die woord hulle eie te maak nie. Ten gevolge daarvan het sodanige leerders dikwels 'n beperkte sigwoordeskat en ondervind daarom ernstige probleme met lees en spelling.

Kopiereg 2012: Remedium