Lees
Lees is die belangrikste vaardigheid wat 'n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met 'n bepaalde doel voor oë — sodat hy kan lees om te leer. Die implikasie is dat 'n swak leser ook 'n swak leerder sal wees, 'n gemiddelde leser 'n gemiddelde leerder, en 'n top-leser 'n top-presteerder.
Met programme van wêreldgehalte, insluitend rekenaartegnologie, bevorder Edublox Lees- en Leerkliniek dié vaardighede wat die grootste invloed op lees — en daarom ook op leer — het. Hierdie vaardighede sluit in:
- aandag en konsentrasie,
- persepsie — visueel en ouditief,
- die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte,
- spoed van prosessering,
- geheue — kort- en langtermyn, visueel en ouditief, en
- die vermoë om te kan dekodeer en inligting te integreer.
Deur hierdie grondvaardighede in die onderbewyssyn te stoor word hulle geoutomatiseer. Terselfdertyd kry die leerder ook die geleentheid om hierdie grondvaardighede onmiddellik in die praktyk toe te pas. Die resultaat is verbeterde lees- en leervermoë wat lei tot beter skoolprestasie, en terselfdertyd ook die leerder se selfbeeld bou en sy/haar selfvertroue bevorder.
Klasse word in die middae en ook op Saterdae aangebied en is daarop gemik om die kind uit te daag, en nie hom/haar te verveel of frustreer nie.
Kommentare van tevrede kliënte:
"Hy het 'n 'Spesiale toekenning vir lees' ontvang by die skool — dis 'n prestasie en 'n half — ons as sy ouers kan nie vir julle verduidelik hoe trots ons op hom is nie. . . Sy onderwyseres het ons in die 3de Kwartaal ingelig dat hy 'n uitblinker in sy lees is en hy elke dag met sy skoolwerk vorder. Dit het ons verbaas, want in die begin van die jaar het die skool ons ingelig as hy nie ekstra hulp kry nie hy nie Graad 3 toe sal bevorder word nie." — Bertie en Tonya Potgieter
"In die verlede het dit telkens gebeur dat sy laat blyk het dat sy glad nie van lees hou nie. Dit het skielik verander en sy lees deesdae ook vir haar maatjies voor as hulle kom kuier. Waar daar ook in die verlede vir ure gesukkel is met haar leesles van die skool, bemeester sy dit deesdae binne twee tot drie keer wat sy 'n les deurlees." — Lukas en Annemarie Kruger
"Baie dankie vir die hulp wat tannie vir my gee ek is baie bly dat ek in die Lees kliniek is. Voordat ek in gekom het, het ek nie van lees gehou nie nou lees ek sommer elke aand. Ek is nog net 'n maand in die Lees kliniek en toe laas Vrydag het my ma vir my gesê "Jis maar jy lees al mooi" toe vat ek dit as 'n compliment. . . " — Rouleen du Plessis
|
|