Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Die Mens is Afhanklik van Leer

Die situasie van 'n kind met 'n leerprobleem of leergestremdheid (sommige mense verkies die laasgenoemde term) kan nie verstaan word tensy ons raaksien dat hy 'n mens is nie. 'n Belangrike kenmerk van die mens is dat hy niks kan doen wat hy nie geleer het om te doen nie. Dit sluit natuurlik liggaamsfunksies soos asemhaal uit, sowel as reflekse, soos byvoorbeeld die oogrefleks wat meebring dat die oog geknip word wanneer 'n voorwerp dit nader.

Dit is 'n kenmerk wat die mens baie duidelik van die dier onderskei. Die mens kom onklaar in die wÍreld en is daarom totaal afhanklik van leer, terwyl die dier klaar toegerus die wÍreld betree. Die dier hoef nie geleer te word wat om te doen nie. Die dier word gebore met alles wat hy nodig het om volwaardig dier te wees binne sy beperkinge. Sy handelinge vloei uit sy instinkte voort en hoef nie aangeleer of uitgedink te word nie.

Om te illustreer hoe totaal afhanklik die mens van leer is, kan die verhaal van Victor voorgehou word. Hy was een van meer as 30 gevalle wat sedert die agtiende eeu opgeteken is van kinders wat opgegroei het in totale isolasie van ander mense.

Laat in die agtiende eeu, het J.M.G. Itard gerapporteer van 'n naakte seun wat in die woud gevind is terwyl hy besig was om akkers bymekaar te maak. Die seun is gevange geneem en is teruggebring na die beskawing. Hy is Victor genoem en daar is dikwels na hom verwys as die Wilde Seun van Aveyron.

Itard beskryf die gedrag van die seun en sy pogings om die seun die dinge te leer wat vir die mens alledaags is, insluitend om te praat en te lees. Victor was omtrent elf of twaalf jaar oud toe hy gevind is. Hy kon glad nie praat nie, het soos 'n dier gegrom en geloop, en almal gebyt en gekrap wat hom teŽgegaan het.

Itard vertel dat sy sintuie buitengewoon ongevoelig was. Selfs as sy neusgate vol snuif gestop is, het dit hom nie laat nies nie. Hy het aartappels met sy hande uit kokende water gehaal. 'n Pistool wat naby hom gevuur is, het byna geen reaksie uitgelok nie, terwyl die geluid van 'n krakende okkerneut hom laat omdraai het.

Itard het Victor probeer leer praat en lees. Na vyf jaar kon Victor 'n paar geskrewe woorde herken en kon selfs die woordkaarte gebruik om sy behoeftes aan te dui, maar hy het nooit geleer praat nie. Daar is dikwels beweer dat Victor bloot as verstandelik gestremd gebore is en daarom nie in staat was om meer taalgebruik te verwerf as wat wel die geval was nie. Indien die gedagte aanvaar word, sou dit egter moeilik wees om te verklaar hoe 'n verstandelik gestremde kind so lank alleen die mas kon opkom in die wildernis. Die verklaring moet dalk eerder gesoek word in die metode wat Itard gebruik het om Victor te leer.

'n Meer onlangse verhaal van kinders wat in isolasie grootgeword het, is die van Kamala en Amala wat beskryf word in Wolf Children and Feral Man deur I.A.L. Singh en R.M. Zingg.

In 1920, soos die verhaal vertel, het eerwaarde Singh afgekom op 'n wolvin met haar kleintjies. Twee het lang, gekoekte hare gehad en het soos mense gelyk. Met moeite is die wesens gevang. Dit was twee meisies, volgens Singh se skatting agt jaar en een en 'n half jaar oud. Singh het hulle beskryf as "wolfagtig" in voorkoms en gedrag. Hulle het handeviervoet geloop en groot eelte op hulle knieŽ en handpalms gehad as gevolg daarvan. Snags het hulle gehuil soos wolwe en was op roof uit vir rou vleis wat hulle lank bo ander voedsel verkies het. Hulle tonge het voortdurend by hulle dik, rooi lippe uitgehang, en hulle het soos wolwe gehyg. Vloeistowwe het hulle met hulle tonge opgelek, en hulle kos in 'n hurkende posisie geŽet. In honde en katte het hulle 'n geringe belangstelling getoon, maar in mense glad nie, en hulle het geknor en vir mense tande gewys. Hulle het opgerol in 'n bondel op die vloer geslaap. Hulle gehoorsintuie was fyn ontwikkel, hulle kon rou vleis baie ver ruik en kon baie goed in die nag sien.

Amala, die jongste van die twee, het 'n jaar later op 21 September 1921 gesterf, maar Kamala het geleef tot 1929.

Deur middel van toegewyde aandag, deur haar skurwe vel te versag met olies en massering, het Mev Singh Kamala se vertroue gewen en die omstandighede geskep waarbinne sy gewillig was om van haar te leer. Nog lank het Kamala steeds die geselskap van katte en honde bo die van kinders verkies, maar uiteindelik meer en meer met ander kinders begin assosieer.

Volgehoue oefening oor 'n tydperk van 20 maande het Kamala in staat gestel om vir die eerste keer regop te kon staan. Teen Januarie 1926 het sy daarin geslaag om regop te leer loop, en hoewel haar bewegings steeds 'n mate van wolfagtigheid behou het, het sy tog gedurende die oorblywende twee jaar van haar lewe duidelik bewys dat haar vorige wyse van loop net daaraan toegeskryf kon word dat sy normale menslike opvoeding moes ontbeer.

Wat taalontwikkeling betref, het haar eerste uiting van 'n menslike woord twee en 'n half jaar nadat sy ontdek is, plaasgevind. Na ses jaar tussen mense het sy 'n woordeskat van omtrent 40 woorde gehad, en van toe af heelwat woorde en frases geleer, en selfs begin om sinne te gebruik. Tot voor haar dood was haar taalgebruik egter steeds baie elementÍr en beperk tot konkrete en onmiddellike situasies.

Victor, Kamala, en so ook elke ander kind, kom ongelooflik swak toegerus in die wÍreld. Die kennis wat die kind nodig het om volwaardig mens te word, lÍ nie sluimerend in hom nie. Wanneer iemand iets nie kan doen nie, beteken dit dus nie dat daar iets met hom verkeerd is nie. Hy het dit miskien nog net nie geleer nie ó en enige mens kan byna enigiets leer mits die ander belangrike kenmerk van die mens ook in ag geneem word.

Die tweede belangrike kenmerk van die mens is dat die leerproses by die mens nie op 'n enkele vlak geskied nie ó dit is 'n laagsgewyse gebeure.