Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Lateraliteit

Dit is die innerlike bewus wees van links na regs.

Net soos daar ‘n begrip of besef is van die rigting van swaartekrag, wat die basis lê vir die vertikale rigting van die liggaam, so lê lateraliteit die basis vir die horisontale rigting of beweging van die liggaam.

Lateraliteit stel die kind in staat om te weet dat sy liggaam twee kante het, dat hy weet watter kant beweeg en wanneer die kant beweeg, en hoe ver die beweging van die middellyn af lê. ‘n Baie duidelike begrip van die liggaam met sy bewegings buite sy liggaam is nodig. Eers nadat die kind die gewaarwording van links en regs binne homself ontwikkel het, is hy gereed om links en regs buite homself waar te neem.

Links en regs, en die bewegings van links na regs met die oë, moet goed ontwikkel wees voordat die kind kan leer lees.