Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Kursus Wys Dit Werk!

Hierdie artikel het verskyn in Beeld op 21 Augustus 1990.

SKAARS ses maande nadat 'n st. 8-leerling van Pretoria 'n lees- en spelkursus begin volg het, het sy leesvermoŽ van st. 2-vlak na st. 6-vlak verbeter.

Diť terugvoering wys dat sy kursus werk, sÍ dr. Jan Strydom, 'n opvoedkundige van Pretoria.

Dr. Strydom hou seminare by die Technikon Pretoria vir disleksielyers en kinders met lees- en spelprobleme.

Nie net kan Werner Louw (16) nou 163 woorde per minuut lees teenoor die 107 woorde wat hy in Maart gelees het nie. Sy leesvermoŽ kan nog voor einde vanjaar bo diť van 'n st. 8-leerling wees as hy sy kursus getrou volg.

Volwasse disleksielyers en ouers wie se kinders lees- en spelprobleme ondervind, kan Saterdag 'n seminaar op die Technikonrand-kampus in Pretoria-Wes bywoon.

Belangstellendes kan mnr. Willem Fourie by tel. (012) 28-3811 opbel.