Kontrolegroep
Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer ‘n kontrole groep as ‘n groep proefpersone wat ekwivalent is aan die eksperimentele groep en wat aan alle eksperimentele manipulasies behalwe die invloed van die onafhanklike veranderlikes onderwerp word. Gewoonlik is die kontrolegroep ‘n ewekansige steekproef uit dieselfde populasie as waaruit die eksperimentele groep getrek is, maar dit kan ook ‘n afgepaarde groep wees. Verskille in die waardes van die afhanklike veranderlike tussen die twee groepe kan dus aan die effek van die onafhanklike veranderlikes toegeskryf word.
|