Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
Tuisblad ![]() |
Intensiewe VakansiekursusVra jouself ….
As jy "ja" geantwoord het op enige van die bostaande vrae, is ons intensiewe vakansiekursus dalk die antwoord vir jou! Terwyl daar geen kitsoplossing vir leermislukking en leerprobleme is nie, versnel ons intensiewe vakansiekursusse lees- en leervermoë sodanig dat dit jou kind kan help om ‘n reuse sprong vorentoe te gee! Resultate Intensiewe Vakansiekursusse: Die doel van ons intensiewe vakansiekursusse is om kognitiewe vermoëns te verbeter konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, geheue, ensovoorts. Kognitiewe vaardighede word gebruik om kennis te verwerf, en kan beskou word as die mens se gereedskap vir leer. Verbetering van IK Terwyl ‘n IK-punt beslis nie die somtotaal van ‘n mens se kognitiewe vermoëns is nie, is dit een maatstaf waarmee sy kognitiewe vermoëns met die algemene populasie s’n vergelyk kan word. Tien leerders met ernstige leerprobleme is met die Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal getoets, voordat hulle met ‘n intensiewe twee-weke kursus begin het. Elke leerder het 40 ure se individuele onderrig ontvang. Hulle ouderdomme het gewissel van 7 tot 18 jaar. Die verbetering in verbale, nie-verbale en totale IK was beduidend.
‘n M.Ed. navordingstudie deur Wynand de Wet het gewys dat ons program IK verhoog in minder as 30 ure en wanneer dit in ‘n groep gebruik word. Hy het ons program vir ‘n groep dowe kinders aangebied; hulle gemiddelde nie-verbale IK het met 11.6 punte in 27.5 ure se onderrig, gegee oor ‘n tydperk, verbeter. In kort, 30 tot 40 ure se onderrig is gewoonlik voldoende om ‘n leerder in ‘n hoër kognitiewe kategorie te plaas laag-gemiddeld skuif op na gemiddeld, gemiddeld skuif op na hoog-gemiddeld, ensovoorts. Verbeterde leesvaardighede Navorsing het bewys dat verhoogde kognitewe vermoëns lei tot verbeterde lees-, spel- en leervaardighede. Terwyl vele leesprogramme verbeterde leesvaardighede aanbied, behaal slegs dié wat in kognitiewe assessering en opleiding gegrond is, blywende resultate. Vergelyk die voor- en na-toetsresultate van een Graad 4-leerder wat ‘n intensiewe kursus van twee weke bygewoon het, soos gemeet deur ‘n oftalmograaf. Haar relatiewe leesdoeltreffendheidsvlak het met twee jaar en ses maande verbeter! Terwyl nie alle leerders soveel verbeter nie, kan selfs ‘n verbetering van een jaar ‘n kind se lewe verander. ![]() Na die intensiewe kursus sal die leerder ideaal voortgaan om weekliks die Edublox-klasse by te woon, of met een van die Edublox-tuisprogramme. |