Intelligensietoets
‘n Gestandaardiseerde toets waarvan die uitslae of tellings ‘n aanduiding gee van die toetsling se intellektuele vermoëns. Die take dek ‘n wye spektrum en vorm ‘n steekproef van kognitiewe take wat algemeen en te verwagte is in enige groot kulturele groep of subgroep. Individuele intelligensietoetse word deur ‘n sielkundige op slegs een toetsling op ‘n keer toegepas, terwyl groep-intelligensietoetse gelyktydig op ‘n groot getal toetslinge toegepas kan word. In alle gevalle berus die interpretasie en gebruik van die resultate by ‘n opgeleide sielkundige.
|