Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Humanisme

L. humanitas – menslikheid: beskouing waarin belangstelling in die menslike welvaart op die voorgrond staan; geestesrigting wat strewe om die kulturele en estetiese te bevorder en in opstand kom teen ordes en opvattinge wat die mens onreg aandoen; geestesstroming van die 14-16de eeu wat gekenmerk word deur hernieude studie van die Wysbegeerte, Lettere en Kuns van die Grieke en Romeine; wêreldbeskouing dat die mens die maatstaf van alle dinge is en dat daar geen bestaan of waarheid is wat nie relatief is ten opsigte van die menslike vermoëns en behoeftes nie.