Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Die Grondvaardighede van Lees

Om te verstaan wat leesprobleme veroorsaak, is dit nodig om 'n fundamentele kenmerk van die mens in ag te neem, naamlik dat die leerproses by die mens nie op 'n enkele vlak plaasvind nie ó dit is 'n laagsgewyse gebeure. Daar is bepaalde vaardighede en ervaringe wat die grondslag van lees vorm, en as 'n persoon nie die vaardighede wat ten grondslag lÍ aan lees deeglik bemeester het nie, sal hy 'n swak leser wees en 'n swak leser bly, totdat iemand hom eers die grondvaardighede laat inoefen het. Tensy dit gedoen word, sal alle ander pogings vrugteloos wees.

Die Grondvaardighede van Lees

Die leeshandeling is 'n eenheidsgebeure, met ander woorde, die dinge wat gebeur wanneer 'n mens lees, vind gelyktydig plaas. Vir die doeleindes van hierdie bespreking word hulle egter in stappe verdeel, en 'n skematiese struktuur van die leeshandeling volg hier onder:

Lees moet beskou word as 'n kommunikasiegebeure. Binne elke kommunikasiesituasie is daar altyd twee partye betrokke, naamlik die sender van die boodskap en die ontvanger van die boodskap. Die feit dat daar fisies net een party teenwoordig is in die leessituasie, beteken nie dat lees nie 'n kommunikasiegebeure is nie. Daar is inderdaad twee partye betrokke, alhoewel die sender van die boodskap nie fisies teenwoordig is nie. Die sender is die skrywer van die boek wat iemand besig is om te lees. Hy dra sy boodskap oor aan die leser of ontvanger in die vorm van simbole wat op papier geplaas is.

By lees is daar 'n hele aantal aspekte ter sprake by die ontvangs van die boodskap. Die eerste is dat die leser moet aandag gee. Wanneer daar oor 'n bepaalde tyd aanmekaar aandag gegee word, gebruik ons die woord konsentrasie. Konsentrasie is 'n wilshandeling en kan nie outomaties geskied nie. Daar moet steeds die wil wees om die aandag by die boodskap te bly bepaal om sodoende al die verdere handelinge te kan begryp. Dit is egter belangrik om daarop te let dat konsentrasie ook 'n vaardigheid is, en as sodanig moet dit aangeleer word.

Talle ouers en onderwysers kla dat kinders "nie kan konsentreer nie." Onthou dat 'n mens niks kan doen wat hy nie geleer het om te doen nie. Konsentrasie moet geleer word, waarna 'n mens se bedrewenheid daarin aanhoudend deur middel van gereelde en volgehoue oefening verbeter kan word.

Die volgende stap by die ontvangs van 'n geskrewe boodskap is dat dit waargeneem moet word, dit wil sÍ daar moet persepsie plaasvind. Voordat 'n mens enigiets kan lees of leer, moet hy eers deur middel van een van sy sintuie daarvan bewus word. Gewoonlik moet hy dit sien of hoor. Daarna moet hy dit wat hy gesien of gehoor het, interpreteer. Persepsie beteken dus wesenlik interpretasie. Gebrek aan ondervinding sal 'n persoon vatbaar maak vir foutiewe interpretasie van dit wat hy sien of hoor. Immaneul Kant het hierdie waarheid op 'n treffende wyse gestel: "Ons sien nie die dinge soos wat hulle is nie, maar soos wat ons is." Met ander woorde, persepsie verteenwoordig 'n mens se interpretasie van die huidige situasie in terme van sy ondervindings in die verlede. Perseptuele vermoŽ hang dus tot 'n groot mate af van die hoeveelheid perseptuele ervaring wat die persoon reeds verwerf het. Dit beteken dat persepsie ook 'n vaardigheid is wat deur middel van oordeelkundige oefening en ondervinding geweldig verbeter kan word.

'n Verdere belangrike punt in verband met persepsie is die gedagte dat 'n gelaagdheidstruktuur ook hier geld. Persepsie as sodanig bestaan uit 'n hele aantal grondvaardighede, wat almal outomatiseerbaar is. In die eerste plek kan 'n mens op verskillende wyses perseptueer, naamlik visueel, ouditief en hapties. Laasgenoemde omvat beide gevoels- en kinestetiese persepsie. Omdat 'n mens met sy oŽ lees, speel visuele persepsie die belangrikste rol by die leeshandeling. Daarom sal dit vervolgens in diepte bepreek word.

Wanneer 'n persoon lees, moet visuele diskriminasie plaasvind. Die letters, wat gelees moet word, staan altyd teen 'n bepaalde agtergrond. Die belangrikste verskil tussen die letters self en die agtergrond is dat hulle van kleur verskil. Niemand sal tog wit letters op 'n wit bladsy kan lees nie. Vanselfsprekend sal die eerste diskriminasie dus in terme van kleur plaasvind. Die tweede diskriminasie is in terme van voorgrond en agtergrond. Die bepaalde letter, woord of sin waarop die leser fokus, word tot voorgrond verhef, terwyl alle ander dinge binne die leser se gesigveld (die res van die bladsy en die boek, die lessenaar waarop die boek rus, die deel van die vloer of muur wat sigbaar is, ensovoorts) op die agtergrond geskuif word. Ons Latynse alfabet bestaan uit 26 letters, sowel as letters soos Í en Ž en hoofletters wat soms 'n ander vorm het as hul ekwivalente kleinletters. Die letters verskil dus in vorm en moet dienooreenkomstig gediskrimineer word. Hoofletters, wat aan die begin van sinne gebruik word, lyk soms presies dieselfde as hul ekwivalente kleinletters, en moet dus ten opsigte van grootte gediskrimineer word. 'n Mens lees ook nie bloot letters nie, maar gedagtes, wat saamgestel word uit 'n samevoeging van woorde. 'n Woord op sy beurt bestaan weer uit 'n hele aantal letters wat in 'n bepaalde volgorde gerangskik is. Die letters moet dus ook gediskrimineer word ten opsigte van posisie voordat dit vir die leser moontlik is om te kan lees. As daar 'n skets of prent in die leesstuk voorkom, moet diskriminasie ten opsigte van dimensionaliteit plaasvind.

Nadat die leser elke letter gediskrimineer het ten opsigte van kleur, voorgrond en agtergrond, vorm, grootte en posisie, moet hy die letters bymekaar kan voeg om die woord te kan begryp. Hy moet dus in staat wees om die afsonderlike dele as 'n geheel waar te neem. Met ander woorde, hy moet kan globaliseer of sintetiseer.

Alhoewel die vermoŽ om te kan analiseer, dit wil sÍ om die geheel in sy afsonderlike dele te kan waarneem, ook 'n rol by lees speel, is hierdie vermoŽ veral van die allergrootste belang by spelling. Om goed te kan spel, moet 'n persoon in staat wees om goed te kan analiseer.

Al hierdie gebeure klink na vreeslik ingewikkelde prosesse, en hulle is inderdaad ook. Al die prosesse, wat bo bespreek is, gebeur deurentyd ó en blitssnel ó terwyl 'n mens lees. Iemand wat goed kan lees, is egter heeltemal onbewus daarvan, omdat hierdie gebeure geoutomatiseer is. Dit kan vergelyk word met 'n Yslander wat Yslands praat terwyl hy terselfdertyd iets anders doen. Sy kennis van die taal is deur gereelde oefening en gebruik geoutomatiseer. Terwyl hy praat, konsentreer hy dus nie op grammatika, woordorde, sinskonstruksie en soortgelyke dinge nie, maar slegs op dit wat hy wil sÍ. Dit is slegs moontlik omdat sy taalkennis geoutomatiseer is.

Dekodering

Wanneer iemand probeer om 'n taal te praat wat nog nie geoutomatiseer is nie, sal hy sy aandag noodwendig tussen die inhoud van sy boodskap en die taal self moet verdeel. Hy sal dus gebrekkig en moeisaam praat ó net soos wat 'n kind, by wie die bogenoemde grondvaardighede van lees nog nie geoutomatiseer is nie, ook gebrekkig en moeisaam sal lees. Die swak leser word gedwing om sy konsentrasie op die ontvangs van die boodskap toe te spits en het dus geen konsentrasie "oor" om die boodskap te dekodeer nie. Elke stukkie botter kan tog net 'n bepaalde grootte broodjie smeer.

Die dekodering van die boodskap is 'n baie belangrike aspek van die leeshandeling. As die ontvanger die boodskap nie kan dekodeer nie, kan hy dit nie verstaan nie. Dit verklaar waarom sommige kinders kan "lees" sonder om te begryp wat hulle lees.

Dekodering beteken dat die leser in staat is om die boodskap te ontsyfer, met ander woorde dat hy sin aan die geskrewe woord gee. Dit vind in die eerste plek plaas deurdat hy dit wat hy lees, met voorkennis integreer. As 'n mens iets lees wat nie regstreeks verband hou met, of gekoppel kan word aan, kennis waaroor jy reeds beskik nie, kan jy nie die boodskap dekodeer nie. Voorkennis kan omskryf word as die totale omvang van 'n mens se reeds bestaande kennis en ervarings in die verlede. Alles wat 'n mens rondom jou waarneem, is deel van jou visie, en daaraan kan jy sin gee. Feite en ervarings wat buite 'n mens se kennis en vorige ervarings val, maak vir jou geen sin nie. As iemand 'n boek lees wat nie binne die bestek van sy kennis en ervarings val nie, sal hy nie in staat wees om die inhoud van die boodskap te ontsyfer nie. Ook hier speel die gelaagdheid van leer 'n rol.

'n Dekoderingsvaardigheid wat noue verwantskap toon met die vaardigheid van integrasie, is diť van klassifikasie. As 'n persoon 'n stoel sien, al het hy dalk nog nooit 'n stoel gesien wat presies sů lyk nie, sal hy dit nogtans as 'n stoel herken omdat hy bekend is met die klas van voorwerpe wat ons "stoel" noem. Die impliseer dat, as 'n naam aan 'n voorwerp toegeken word, dit terselfdertyd ook in 'n bepaalde klas van voorwerpe ingedeel word.

Die Gestalt-beginsel van sluiting beteken dat 'n mens daartoe in staat is om betekenis te heg aan voorwerpe of prente wat nie in hulle geheel waargeneem word nie. E- -s o-rtu-g da-rv-n d-t u h-erdi- s-n k-n l--s en ve-st--n (Ek is oortuig daarvan dat u hierdie sin kan lees en verstaan), al is meer as 33% daarvan weggelaat. Dit is heeltemal moontlik vir die menslike verstand om die gapings wat in die sin gelaat is, te oorbrug. Die idee van sluiting is egter meer as om bloot gedeeltes van 'n woord te sien en aan te vul ó dit is ook om die boodskap van die skrywer aan te vul. Geen skrywer kan alles wat hy wil sÍ in woorde stel nie en dit is waarom voorkennis so noodsaaklik is. Indien dit vir 'n skrywer moontlik sou wees om alles wat met sy onderwerp verband hou op papier te plaas, sou voorkennis onnodig gewees het. Dit is egter onmoontlik omdat 'n skrywer hoogstens 'n baie beperkte snit uit die werklikheid kan maak en die leser dit self verder moet uitbrei voordat begrip moontlik is.

Verder speel verbeelding 'n rol by dekodering. Terwyl 'n mens lees, sien jy ook die voorwerpe en idees wat deur die woorde gesimboliseer word. As die skrywer byvoorbeeld 'n pragtige natuurtoneel beskryf, kan 'n mens dit inderdaad in jou geestesoog sien. Jy sien nie net die woorde nie, jy sien ook die toneel. Dit speel 'n baie belangrike rol by die dekodering van die boodskap. Deur van jou verbeelding gebruik te maak, kan 'n mens se emosies ook tydens die leeshandeling meespeel.

Leer

Eers nadat die leser die boodskap gedekodeer het, kan daar leer plaasvind. Om te kan leer, moet 'n persoon iets wat hy waargeneem het, kan stoor om dit sodoende later weer te kan herroep. Die mens se vermoŽ om te kan memoriseer of onthou, maak leer dus moontlik.

Geheue is een van die grondvaardighede van leer wat veral van belang is by die sogenaamde leervakke op skool of universiteit, waar inligting aan die leerder voorgehou word en daar van hom verwag word om dit so akkuraat moontlik weer te gee.

Geheue is egter ook van besondere belang by lees. Die herkenning van die vorms van die verskillende letters waaruit 'n bepaalde woord bestaan, is byvoorbeeld 'n geheuehandeling. Elke woord bestaan ook uit letters in 'n bepaalde volgorde, en 'n mens moet onthou watter woord deur die bepaalde volgorde van die betrokke letters voorgestel word.

By Edublox word diť vaardighede, wat ten grondslag lÍ aan lees, geoefen en geoutomatiseer.