Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Graad 3 Lees

Lees is die belangrikste vaardigheid wat 'n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met 'n bepaalde doel voor oë — sodat hy kan lees om te leer. Die implikasie is dat 'n swak leser ook 'n swak leerder sal wees, 'n gemiddelde leser 'n gemiddelde leerder, en 'n top-leser 'n top-presteerder.

Volgens die Essi-Leestoets lees 23% van Afrikaanse Graad 3-leerders swak tot baie swak; 'n verdere 17,5% se leesvermoë is ondergemiddeld.

Maak seker dat jou kind se leesvermoë nie net gemiddeld is nie, maar bo-gemiddeld!

Met programme van wêreldgehalte, insluitend rekenaartegnologie, bevorder Edublox Lees- en Leerkliniek dié vaardighede wat die grootste invloed op lees — en daarom ook op leer — het. Hierdie vaardighede sluit in:

  • aandag en konsentrasie,
  • persepsie — visueel en ouditief,
  • die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte,
  • spoed van prosessering,
  • geheue — kort- en langtermyn, visueel en ouditief, en
  • die vermoë om te kan dekodeer en inligting te integreer.

Deur hierdie grondvaardighede in die onderbewyssyn te stoor word hulle geoutomatiseer. Terselfdertyd kry die leerder ook die geleentheid om hierdie grondvaardighede onmiddellik in die praktyk toe te pas. Die resultaat is verbeterde lees- en leervermoë wat lei tot beter skoolprestasie, en terselfdertyd ook die leerder se selfbeeld bou en sy/haar selfvertroue bevorder.

Klasse word in die middae en ook op Saterdae aangebied en is daarop gemik om die kind uit te daag, en nie hom/haar te verveel of frustreer nie.