Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Maja Lötter Getuig
Desember 2010

Ons het by Edublox aangesluit omdat Gerhard gesukkel het om te lees.

  1. Hy het baie woorde geklank, en nie vlot gelees nie.
  2. Sy leesspoed was nie op standaard nie.
  3. Sy geheue oor wat hy gelees het, of na geluister het, was nie goed nie.
  4. Na twee kwartale van spraakterapie en spelreëls, het ek nie ‘n vreeslike groot verbetering gesien nie.
  5. Hierdie toets het my laat besluit om iets anders as spraakterapie te probeer:
Gerhard se werk

Verbetering:

  1. Gerhard klank nou omtrent nie meer nie, en lees baie vlotter.
  2. Ek weet nie wat sy leesspoed nou is nie, maar ek verwag dat dit beter is as toe ons begin het.
  3. Hy let beter op en onthou meer detail.
  4. Sien voorbeelde van Gerhard se speltoetse nadat hy by Edublox aangesluit het:
Gerhard se werk
Gerhard se werk

Gerhard se rapporte, 2de kwartaal 2010 (vóór Edublox) en 4de kwartaal 2010:

PDF Dokument            MS Word Dokument

Gerhard maak nog steeds foute, soos hoofletters aan die begin van ‘n sin, name ens. Dit hang net af of hy op dié reëls konsentreer of nie.