Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Filosofie

Ander benaming vir wysbegeerte; G. Phileinliefhê + sophia – wysheid. Omdat die filosofie nie gebaseer is op fisiese wette (natuurwetenskappe) of onbetwiste historiese feite nie, is dit moeilik definieerbaar. Wysgere spreek mekaar voortdurend teë sodat met reg van wysgerige skole (wysgere uit min of meer dieselfde tydsorde met min of meer dieselfde wysgerige opvattinge) gepraat kan word. Selfs binne dié –skole kan verskille ontstaan, want wysgerige bedrywighede berus nie op ‘n dogmatiese houding nie. Tradisioneel sluit filosofie (wysbegeerte) o.a. die volgende in: Metafisika, Etiek, Logika, Estetika, Wysgerige Antropologie.