Egosentrisme
Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer die “egosentrisme” soos volg:
- Belangstelling in jouself en jou persoonlike behoeftes en belange.
- J. Piaget gebruik die term vir die kind se taal en denke, wat sentreer om sy eie belange en hom onverskillig laat staan teenoor die behoeftes, uitinge en reaksies van ander. Egosentrisme is egter nie die resultaat van egoïsme nie, maar van ‘n kognitiewe onvermoë om die ander persoon se standpunt in ag te neem.
|