Dubbelblind-Metode
‘n Eksperimentele ontwerp wat sodanig is dat die beoordelaar wat die afhanklike veranderlike evalueer, nie weet watter proefpersone aan elk van die eksperimentele toestande onderwerp word nie, terwyl die proefpersone ook nie weet aan watter van die toestande hulle onderwerp word nie. Wanneer die uitwerking van ‘n medikament deur middel van ‘n dubbelblind-metode ondersoek word, weet nòg die proefpersone nòg die beoordelaar wie die medikament ingeneem het en wie die plasebo ingeneem het.
|