Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Disleksieprobleme Kry Hier Unieke Aandag.
Beproefde Program Toegepas

Hierdie artikel het verskyn in Beeld op 2 Junie 1997.

Die Sentrum vir Disleksie in Pretoria is enig in sy soort in die wÍreld.

Een van die stigterlede is mev. Susan du Plessis. Dit het in 1989 tot stand gekom.

Landwyd word die Audiblox-program, wat sowat twintig jaar oud is, aan diť sentrum gevolg. Diť program kan gebruik word vir kinders met leerprobleme ťn diť daarsonder. Dit help voorts om voorskoolse kinders skoolgereed te maak, mense leesgereed te kry vir hul beroepe en mense voor te berei vir bestuursposte,'' sÍ Du Plessis. Sy beskryf dit as 'n ''leertonikum''.

Die duur van die program hang af van die probleem van elke persoon. 'n Kind met 'n verbale IK van 46 sal elke dag sowat agt uur se onderrig nodig hÍ, en een met 'n ''gewone'' leerprobleem, slegs drie uur per week.

'''n Sewentienjarige kind se leesvermoŽ het binne elf maande met tien jaar verbeter. Een van die eerste mense wat hom by diť sentrum ingeskryf het, is gediagnoseer as iemand wat gťťn toekoms het nie. Vandag is hy ons argitek,'' sÍ Du Plessis.

Sy sÍ sowat 70% van alle kinders wat leergestremd is, is eintlik leesgestremd. ''Disleksie beteken 'swak lees'. Disleksie is veral 'n Westerse siekte en kom bykans glad nie onder Asiatiese volke voor nie. Die Japannese stimuleer hul kinders geweldig baie voordat hulle skool toe gaan. In Amerika was daar in die jare sewentig baie probleme met die weermaghandleidings wat oorgeskryf moes word in prentjieskrif, omdat so baie mense nie meer behoorlik kon lees nie. Heelparty Westerlinge het die vermoŽ verleer om kinders te leer lees en leer,'' sÍ Du Plessis.

Sy meen 'n mens kan kinders leer hoe om reg te leer. Herhaling is nie vervelig nie. Maar 'n mens vind dat die herhaling van tafels, die alfabet en rympies uit die meeste kurrikulums verdwyn het. Dit is belangrik om goed by kinders in te ''dril''.

Sy sÍ voorts 15% van alle blankes in Suid-Afrika sukkel met leesprobleme. In die swart gemeenskap is diť statistiek heelwat hoŽr. ''Hulle is nie noodwendig dislekties nie, maar het nie genoeg kanse gehad om hul leesvermoŽ te verbeter nie.''

Hoe raak 'n mens lief vir lees? Du Plessis gee die volgende wenke: Wanneer iemand sukses ervaar in iets, doen hy dit graag. 'n Kind moet dus geleer word hoe om reg en met begrip te lees, sodat hy dit begin geniet.

Ouers kan stories aan jong kinders voorlees en moet ook self lees en die voorbeeld stel om kinders lief te maak vir lees.

'n Mens kan disleksie eintlik eers diagnoseer by 'n kind wat pas skool toe gaan. Voorskool kan 'n mens egter doelgerig werk aan vaardighede wat noodsaaklik is om by goeie lesers te ontwikkel. DŪt sluit in om hul geheue en konsentrasievermoŽ te verbeter. 'n Ma kan byvoorbeeld 'n speelse begripstoets aan haar kleuter gee nadat sy 'n storie voorgelees het.

Du Plessis, wat 'n honneursgraad in sielkunde en 'n graad in teologie het, sÍ daar is nie iets soos 'n mens wat niť opgelei kan word nie. ''Dit is wonderlik om te sien hoe kinders wat desperaat is en geen hoop vir die toekoms het nie, ontwikkel. Dit is veral die ouers van leer- en leesgestremde kinders wat die swaarste kry,'' meen sy.

Daar is 'n paar simptome vir disleksie, wat die rooiligte moet laat flikker:

  • omkerings, byvoorbveeld wanneer die ''b'' en ''d'' omgeruil word;
  • die weglating van letters;
  • onbegrip van punktuasie waar sinne net aangaan sonder 'n begin of 'n einde;
  • swak handskrif; en
  • swak geheue.

''Leergestremde kinders is nie dom nie. Die term leergestrem beteken daar is 'n wanverhouding tussen die werklike en die verwagte prestasie van kinders. Altesame 15% van die Westerse bevolking sukkel om te lees ondanks 'n betreklik hoŽ intelligensie.''

Sy meen voorts televisie is een van die hedendaagse euwels. ''Weens televisie is daar 'n toename in leerprobleme. Kinders word lui om te lees. Ouers moet altyd matigheid voor oŽ hou.''