Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Disleksie: Nie Genoeg Opvoeding

Hierdie artikel het verskyn in Beeld op 28 Julie 1990.

ONVOLDOENDE opvoeding en onderrig is die oorsaak van disleksie en nie 'n wanfunksie in die brein nie, sÍ dr. Jan Strydom, 'n opvoedkundige van Pretoria.

Dr. Strydom meen die enigste raad vir lees- en spelprobleme is om die oorsaak te soek by die basiese vaardighede wat nooit bemeester is nie.

Hy het dertien jaar gelede 'n program vir die ontwikkeling van skoolgereedheid begin toepas op kinders wat lees- en spelprobleme ondervind.

Dit het aan die lig gekom dat sekere basiese vaardighede wat nodig is vir lees in diť program vasgevang is. Die program word by die Technikon Pretoria se sentrum vir disleksie en leesverbetering toegepas.

Volgens dr. Strydom is sy navorsing oor presies watter vaardighede vir 'n goeie leesvermoŽ nodig is, nog nie afgehandel nie. Hy het reeds vaardighede soos konsentrasie, oriŽntasie, waarneming en die vermoŽ om te onthou uitgewys.

Hy beskou die veranderende omstandighede waarin kinders vandag grootword as een rede waarom disleksie toeneem. ''Kinders is passiewer as vroeŽr en dit is veral die televisie wat die aktiewe inspanning van die verstand ontmoedig. Vandag se speelgoed laat ook min aan die verbeelding en inisiatief van die kind oor.

''Tensy ouers vergoed vir die veranderende omstandighede deur gebruik te maak van 'n omvattende en stelselmatige program, veral in die voorskoolse tyd, bestaan daar altyd die gevaar dat 'n kind probleme op skool sal ondervind,'' sÍ dr. Strydom.

Volgens statistieke ly 15 persent van die land se inwoners aan disleksie. Altesame 22 persent AustraliŽrs en 25 persent Amerikaners ly aan disleksie.

Volwasse disleksielyers en ouers wie se kinders lees- en spelprobleme ondervind, kan op 25 Augustus 'n seminaar op die Technikonrand-kampus in Pretoria-Wes bywoon.

Belangstellendes kan mnr. Willem Fourie by tel. .... bylyn 329, opbel.