Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Disleksie 'Nie 'n Biologiese Probleem'

Hierdie artikel het verskyn in Volksblad op 11 April 2001.

DISLEKSIE is 'n gebrek aan leerervaring en is nie 'n biologiese probleem wat met medisyne behandel kan word nie, sÍ dr. Jan Strydom van die Sentrum vir Disleksie.

Disleksie is veral in die jare sestig en sewentig as 'n biologiese sindroom beskou. Diť gedagte is egter deur intensiewe en herhaalde navorsing verkeerd bewys.

Strydom sÍ lees is veral in die opvoedingsproses belangrik en vir disleksielyers kan dit 'n ernstige agterstand beteken. Volgens navorsing ly tot 25% van die wÍreldbevolking aan disleksie.

'n Taalprobleem soos disleksie kan 'n drastiese inkorting in 'n mens se lewensgehalte veroorsaak. Disleksie is nie soos voorheen gedink inherent deel van die mens nie, maar kom voor as die mens nie aan die regte leerervaringe blootgestel is nie.

Basiese vaardighede soos konsentrasie, visuele diskriminasie, korrekte waarneming en onthouvermoŽ moet eers bemeester word voordat die kind aan lees en spel blootgestel word.

Strydom sÍ dit is gewoonlik maklik om disleksie te herken. Kinders sukkel om 'n d en b van mekaar te onderskei, daar is weglating van klanke en letters in woorde, verlies aan leesgeheue, min begrip en 'n stadige of swak handskrif.