Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Branden Klop Disleksie, Leerprobleme.
Annemarie Brooks Vertel

Branden was baie gespot by die skool omdat hy nie kon lees en spel nie, en daarom was hy n rebelse seuntjie. Sy skrif was baie sleg, en hy het baie min selfvertroue gehad. Hy het sommer net ges hy wens hy was dood sodat hy nie so moet sukkel en gespot word nie.

Sulke woorde vir n ouer is hartverskeurend. Branden is op Ritalin gesit, en het n bril gekry wat deur sy skool aanbeveel is om te probeer help. Maar aan die einde van die jaar is ons ingeroep en meegedeel dat Branden nog steeds baie swak vaar op skool — bs en ds is omgeruil, hy kon geen woorde spel nie, en hy kon nie links en regs onderskei nie. Sy konsentrasie was baie swak en daarom het hy gereeld raas gekry by die skool. Hy het nie meer maats gehad nie en wou nie meer skool toe gaan nie.

Branden, toe 8 jaar en 8 maande oud en in n hulpklas, is by die skool getoets deur die sielkundige en die uitslag was skokkend. Hulle wou hom dadelik in n spesiale skool sit:

Bevindings

Al sy tellings was baie ver onder gemiddeld. Al sy punte aan die einde van die jaar (2011) was 1s en 2s.

Aan die begin van 2012 het ons hom na Edublox geneem vir intensiewe voltydse opleiding vir 2 weke. Branden is daarna terug skool toe en het 2 keer per week klasse by Edublox bygewoon.

Ek sal nooit vergeet toe Susan vir ons s om nie miracles te verwag nie, maar dat hulle hom wel sal kan help.

In net minder as 3 maande het Branden so verbeter dat hierdie MIRACLE wel plaasgevind het.

Dit is hoe sy rapport einde Maart 2012 (eerste kwartaal) gelyk het:

Rapport

Prestasievlak:
1
2
3
4
5
6
7
Prestasiebeskrywing:
Ontoereikende prestasie
Basiese prestasie
Matige prestasie
Voldoende prestasie
Beduidende prestasie
Verdienstelike prestasie
Uitmuntende prestasie
Persentasie:
0-29%
30-39%
40-49%
50-59%
60-69%
70-79%
80-100%

Susan en personeel:

Baie, baie dankie vir wat julle vir ons as ouers, maar ook vir Branden beteken het. Julle het vir ons n nuwe, gelukkiger, positiewer en gemotiveerde seuntjie teruggegee. Ons sal julle ewig dankbaar wees vir dit. Julle is sommer GREAT!!!!

Annemarie Brooks
23 April 2012