Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Die Brein is Plasties. En Dis Goeie Nuus

Jou seun het dalk disleksie, jou dogter dalk ADHD. Tot onlangs is di probleme as verdoemend beskou, maar gelukkig is dit nie meer die geval nie. Vandag weet ons dat die brein plasties is; die brein is vervormbaar en dis goeie nuus vir jou kinders.

Vir baie jare het ons geglo die brein kan nie verander nie, laat staan nog verbeter. Ons het geglo as daar iets verkeerd is met n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie. Wetenskaplikes het geglo dat elkeen van ons gebore word met n vasgestelde aantal breinselle, en as enige van daardie selle seerkry, kan die skade nie herstel word nie. Gn wonder dat leerprobleme soos disleksie en ADHD, wat met die brein te doen het, vir baie jare as ongeneeslik beskou was nie!

Gelukkig weet ons vandag van beter.

Daar kn nuwe verbindings in die brein gevorm word en die struktuur van bestaande bruggies tussen senuselle, genoem sinapse, kn verander. Nuwe senuweeselle word aanhoudend gevorm, veral in die dele van die brein wat met leer en geheue te doen het. Om die waarheid te s, bestaan omtrent een derde van die brein uit selle wat gereeld vernuwe word, deurdat sowat 700 nuwe senuweeselle of neurone daagliks in elke helfte van die brein gevorm word.

Neurone gaan ook elke dag dood wat die totale hoeveelheid min of meer dieselfde hou, alhoewel ons met ouderdom n stadige verlies aan selle ondervind. Indien jy n deskundige op n spesifieke gebied word, sal die gedeeltes van jou brein wat met jou tipe kundigheid werk, groei.

Dierenavorsing baan die weg

Ons begrip van die plastisiteit van die brein het begin by navorsing wat op diere gedoen is in die vyftigerjare. Die navorsers het knaagdiere, seker maar rotte, in twee groepe verdeel. Die een groep het brein-stimulasie ontvang, die ander groep, nie. Na-doodse ondersoeke wat op die twee groepe gedoen was, het bewys dat die groep wat stimulasie ontvang het, se brein groter geword het, dat hulle brein meer sellulre verbindings het en dat hulle nuwe breinselle gevorm het.

Hierdie navorsingsresultate oor die effek van stimulasie op die brein van diere, het natuurlik die vraag laat ontstaan of dieselfde ges sal kan word van die effek van stimulasie op die menslike brein. In 1998 is n belangrike mylpaal bereik toe bevind was dat die menslike brein die vermo besit om nuwe selle te ontwikkel. Hierna het baie studies gevolg, wat die vervormbaarheid of sogenaamde plastisiteit van die brein bewys het.

Plastisiteit van die menslike brein bewys

► In die jaar 2000 is bevind dat taxi-bestuurders in London groter hippokampusse ontwikkel as busbestuurders. Die hippokampus is daardie deel van ons brein wat soos n seeperdjie lyk en wat tot n groot mate betrokke is by ruimte-intelligensie en die aanleer van roetes. Die studie het bevind dat die mate van ontwikkeling van die hippokampus ooreenstem met die aantal ure wat die taxi-bestuurder gewerk het, wat aandui dat die aanleer van roetes bydra tot die ontwikkeling en verandering van die hippokampus. Busbestuurders, aan die ander kant, ry vasgestelde roetes en kry dus nie dieselfde stimulasie nie.

► Arne May, n neuroloog, en sy kollegas aan die Universiteit van Regensburg, het 12 persone, meesal dames in hulle vroe twintigs, gevra om n klassieke drie-bal jongleurkunsie (juggling) oor n tydperk van drie maande in te oefen, en dan ten minste een minuut lank suksesvol uit te voer. n Ander groep van 12 was die kontrole groepe en hulle het nie die kunsie aangeleer nie. Die persone wat die kunsie aangeleer het, het n beduidende verhoging in grysstof in brein-area V5 getoon.

► Plastisiteit is ook gevind in die brein van tweetalige mense. Dit wil voorkom asof die aanleer van n tweede taal moontlik gemaak word deur funksionele veranderinge in die brein, in die sin dat die linker ondergeskikte paritale lob groter is in die brein van tweetaliges as in di van eentaliges.

► Gaser en Schlaug het by professionele musikante gevind dat die volume grysstof in die gedeeltes van hulle brein wat verantwoordelik is vir beweging, gehoor en ruimte-intelligensie, verskil van n ooreenstemmende groep amateur musikante en mense wat glad nie musiek maak nie. Die volume grysstof van die professionele musikante was die hoogste, daarna die van die amateur musikante en die heel laagste in mense wat nie musiek beoefen nie.

► Draganski en sy kollegas het aangetoon dat uitgebreide studie van abstrakte inligting veranderinge in die brein veroorsaak. Hulle het die brein-skanderings van Duitse mediese studente drie maande voor hulle eksamens en toe weer direk na afloop van hulle eksamens vergelyk met de van studente wat nie op daardie stadium vir eksamens geleer het nie. Die mediese studente se brein-skanderings het veranderinge getoon in daardie areas wat betrokke is by geheue en die oproep van inligting.

Die voorafgaande navorsingsresultate stuur n baie duidelike boodskap: daar is regtig nie meer n verskoning om verouderde teorie oor die brein aan te hang nie. Die menslike brein is ongelooflik kragtig. Dis die menslike brein wat n mens op die maan laat land het, wat die silikoon-skyfie geskep het sodat biljoene berekeninge binne n sekonde kan plaasvind, en miljoene mense deur middel van rooi, geel en groen ligte beheer. Dis ook die menslike brein wat maniere uitgedink het om in die brein self in te kyk. Al hier dinge in ag geneem is die logiese afleiding dat die menslike brein ongetwyfeld daartoe in staat is om leerprobleme soos disleksie en ADHD te bowe te kom.

By Edublox word leerprobleme hokgeslaan!