Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Beter Geheue Lei tot Beter Skoolprestasie.
‘n Mamma Vertel

My 12-jarige seun Gershwin het aan die begin van Graad 6 probleme ondervind met Afrikaans, Engels en sy leervakke. Eksamens was ‘n marteling; ons het lang ure ingesit om die werk vas te lę vir die eksamen. Hy het sy alles gegee maar nadat hy sy rapport ontvang het, het hy sy leervakke gedruip:

Geografie: 43%
Natuurwetenskappe en Tegnologie: 34%
Geskiedenis: 25%

Vir my as ouer was die teleurstelling groot — ons het al die ure ingesit. Hy was gedemotiveerd, en skool was nie meer uitdagend nie, omdat die uitsette nie die insette gereflekteer het nie.

Ons het al die moontlike toetse laat doen, en vasgestel sy leesvermoë het ‘n geweldige agterstand. Hy het nog sy b’s en d’s omgeruil.

Ons het allerhande opsies probeer en volgens hom was die ekstra klasse ‘okay’. My seun was gefrustreerd, die opwinding van ‘n nuwe ekstra klas was slegs die eerste klas. My verwagting was hoog om my seun die nodige ondersteuning te bied en so vinnig ek kon! Totdat ons Edublox gevind het. Ek het Edublox in die ‘Auwsum’ skoolkoerant gevind, goed ondersoek en ingeskryf, nadat ek talle ander instansies probeer het.

Skielik was ‘ekstra klasse’ opwindend! Hy kon nie wag vir sy volgende klas nie. ‘…onthou Ma, Maandag is Edublox!’

Na ongeveer twee maande kon hy my vertel wat hy ‘vandag’ in die skool behandel het, waar hy in die verlede baie vaag was. Skielik kon hy onthou ‘wat’ hulle in die verskillende klasse en vakke inligting oor ontvang het. Hy was meer gemotiveerd. Hy wou die meneer of juffrou beďndruk; dit was belangrik vir hom. Hy het sy huiswerk afgehandel en dit was gereed om na gekyk te word, deur ma wat ‘opcheck’. In die verlede moes ek vra waar sy huiswerk is. Aanvanklik was ek nog steeds skepties, die eksamen het nog voorgelę. Ek was aangenaam verras! Hy het al sy leervakke geslaag!

Geografie: 73%
Natuurwetenskappe en Tegnologie: 77%
Geskiedenis: 55%

My seun woon klasse by waar hy met ‘n grappie terugkom en vertel hoe ‘cool’ die ‘sequence’ vandag was. Party dae het hy sjokolade as prys ontvang want hy het die beste gevaar teenoor sy klasmaats! Priceless! My kind voel goed oor homself en hy verstaan wat hy doen baie beter. As enkelouer voel ek baie dankbaar teenoor Edublox en die ‘magic’ wat my seun ervaar, deur wat hulle doen.

Sy leesspoed kan nog baie verbeter, en daar is ruimte vir beter tegnieke om sy werk vas te lę vir die eksamen. Hy is nog bietjie haastig om sy take af te handel.

Op die oomblik is die ‘sky the limit’. Ek het nou ‘n 12-jarige seun wat besig is om wortels te groei. Hy ervaar homself positief, eksamens is nie meer ‘n marteling nie, hy ontgin sy vaardighede en is besig om dit blink te vryf. Met hierdie ‘attitude’ is die resies halfpad gewen! Baie dankie Edublox. Julle is verseker COOL!

Petra Botes
2 Februarie 2015