Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Begrip

Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer “begrip” soos volg:

  1. (Logika) ‘n Kognitiewe, dus abstrakte en veralgemeende, voorstelling van ‘n saak of ‘n klas van sake. ‘n Begrip is gewoonlik gekoppel aan ‘n woord of aan ‘n ander teken, waardeur kommunikasie moontlik word. Die begrip vat dié eienskappe van sake saam wat gemeenskaplik aan alle lede van ‘n klas is, en wat belangrik is om die saak te verstaan (sien begrip 3) en om dit te onderskei van ander sake. Begrippe word daarom gedefinieer deur aan te dui tot watter klas van sake dit behoort en deur verder die onderskeidende kenmerke aan te dui, bv.: ‘n trein is ‘n vervoermiddel wat op staalspore loop.
  2. Enige idee of voorstelling tesame met alle assosiasies en konnotasies wat daaraan verbonde is. So sal ‘n Eskimo se begrip van ‘n hut verskil van ‘n Zoeloe s’n.
  3. Op ‘n losser wyse word die woord gebruik om aan te dui dat ‘n mens ‘n saak verstaan, of ook dat ‘n mens simpatiek teenoor iets staan, bv.: hy toon begrip vir sy werknemers se probleem.