Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Audiblox

Audiblox is 'n sisteem van kognitiewe oefeninge wat dit ten doel het om die grondvaardighede van leer te ontwikkel.

Grondvaardighede is nie dieselfde as prosesse, strategieë of tegnieke nie. Die verskil tussen hierdie begrippe kan maklik aan die hand van rugby geïllustreer word. Om rugby te kan speel, moet 'n persoon eers die grondvaardighede van rugby bemeester het, soos byvoorbeeld om 'n bal te kan vang, te kan uitgee en te kan skop. Slegs daarna kan hy strategieë of tegnieke geleer word.

Audiblox ontwikkel en outomatiseer die grondvaardighede van lees, spel, skryf, wiskunde en die vaardighede wat nodig is om leerstof te bemeester. Enkele van die vernaamste grondvaardighede is die volgende:

  • Konsentrasie.
  • Persepsie — visueel, ouditief en hapties.
  • Die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte.
  • Geheue — kort- en langtermyn, visueel en ouditief.
  • Die vermoë om te kan dekodeer en inligting te integreer.
  • Getallebegrip.
  • Groot en fyn motoriese koördinasie.

Enkele van die vernaamste voordele van Audiblox is die volgende:

  • Berei 'n fondament voor vir blootstelling aan en vir prestasie in lees, spel, skryf, wiskunde en leervakke. Leerprobleme kan dus voorkom word.
  • Effektief vir disleksie en ander leerprobleme.
  • Versnel leer- en werktempo geweldig.
  • Skep 'n basis vir lewenslange leer.

Die Audiblox tuisprogram is beskikbaar in Afrikaans en in Engels. Kontak ons vir meer inligting of besoek die Audiblox webtuiste.